[Foto’s] Vlieënier se ‘gevaarlike selfies’ maak opslae

Foto: Daniel Centeno (pilotganso, Instagram)

Die Brasiliaanse vlieënier Daniel Centeno maak opslae op sosiale media met sy selfies wat hy glo in die middel van vlugte neem.

Daniel publiseer die foto’s onder die gebruikernaam pilotganso, en het al self erken dat hy van Photoshop gebruik maak. ʼn Paar leidrade gee dit weg: sy hare waai nie in die wind nie en die weerkaatsing in sy sonbril wys die aanloopbaan.

Talle persone glo egter steeds die foto’s is werklik.

Volge Pilotganso op Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Winston ·

Kan mense werklik so naif wees en dit glo? O gaats vergeet ek nou weer die tannemuis, kersvader en liewe heksie en daar is nog. Maar dit sal nie polities korrek wees nie.

**anoniem** ·

Dis so fake, regtig mense!! ‘n Vliegtuig travel teen honderde km’s per uur, as jy jou kop by daai venster uitsteek gaan jou hare beslis nie lyk asof jy nou net uit ‘n salon gestap het nie! Self nog beter, daar sal niks van daai mooi gevreetjie oorgebly het nie :-)

Marius ·

Kyk mooi mense dit is vir ‘n Rayban’s advertensie goed gedoen en die turbines van die vliegtuig staan stil in foto.Ha Ha

SMR ·

Kyk na die weerkaatsing in sy donkerbril. Die spesifieke foto is geknip en plak. ☺

Johan Fourie ·

Beste selfies ooit mense is net suur ,hulle kan nie beter nie ,wel gedaan ou maat

Theresa ·

Mens “drive” in elk geval nie ‘n plane nie! Mooi advertensie vir sonbril!

G ·

Dit verstom my nie dat party mense glo die foto’s is eg nie. Wat is die slaagsyfer nou weer? Bahaha…

Karinda Kokkewiet ·

As party mense se IK hoër was het hulle geblaf – hahaha. nee wag ….. ‘n hond is baie slimmer as party mense.

Lee ·

Nice fotos en nice pilot. Is mense so dom om te dink dat mens ‘n vliegtuig se venster oop kan maak in die lug. Ha-ha!!

Karma ·

Party mense se IK darem ook …………….. Regtig, is daar REGTIG mense wat glo dat dié selfies die Ware Jakob is? Dink net mooi – vliegtuie vlieg teen 100’e km/uur; die lugdruk in die stuurkajuit en passassierskajuit(e) is onder druk om passassiers toe te laat om normaalweg asem te kan haal – sou dit oopgemaak word, is daai mannetjie in sy des dinges in uitgesuig; die stuurkajuit se venster (dink ek) kan nie oopmaak nie; die mannetjie se das waai asof dit in ‘n effense briesie is (teen bv. 700 km/uur sal dit plat teen sy bors geplak wees); sy haartjies (tensy dit met Superglue gejel is), maak nie eens ‘n ritseling nie – sonder om nou eens na die Rayban se teenwoordigheid en die weerkaatsing van die aanloopbaan in die lense daarin te verwys.

Mariska kruger ·

DIS FAKE!! Die wat glo dis waar oh nee magtig man. Daai vliegtuig vlieg nie teen 100km ‘n uur nie hoor. Baie goeie photoshop

Chris Spangenberg ·

Dus die nuwe revlon produkte vir mans se stylvolle kapsels. Nie eers 500km/h maak ju hare deurmekaar nie. Beste gel ooit. . . . Super hold

Boetman ·

Jeslaaik! Hy baija goed. Ek wens ek kon ‘n vliegtuig met een hand bestuur!!

DG ·

Vrek snaaks :) .. Net vreemd dat die vlerk afwaarts buig, gewoonlik in vlug buig dit boontoe, en nog snaakser is dat die terbune lemme sigaar is en gladnie draai nie. Tensy hy levitasie kragte het, is dit nie moontlik om die vliegtuig met stilstaande enjins in die lugte kry nie. Maar die beste is daai KAPSEL wat so mooi in plek bly .. Wow

marlene ·

Daar is geen manier dat hy dit kon doen nie! Julle weet dit tog?
Is hierdie ‘n grap?

JoeV ·

Die bedrog nuus het almal nou al so vlak dat alles op die internet moet waar wees….

mkruger ·

Dis skrikwekkend dat mense nie meer vir hulself kan dink en besef dis nie waar nie. Ek het al ‘n foto van Hitler met ‘n iPhone gesien. Moet seker waar wees, want hulle het nie Photoshop daai tyd gehad nie :-)

Koos ·

Daar is geen teken van wind weerstand op sy gesig of das nie! Dis ook nie menslik moontlik om met ‘n toertjie soos daai uit so moderne vliegtuig se venter fotos te neem nie!

Kyk-maar-net ·

Ek glo nie vir ‘n oomblik dis uit ‘n vliegtuig geneem nie. Sy kuif is nie eens deurmekaar nie. Ek glo nie teen honderde kms per uur kan mens ‘n selfie stick regop hou in daai wind nie. Daar is nie ‘n MANIER nie! Sy kop sal van sy lyf afgeruk word. Dis photoshop goeters die as ek dit so kyk.

Helen ·

Die duim in die lug foto is definitief ook deur iemand anders geneem, want sy ander arm is binne die tuig. Seker het iemand op die “bonnet” gesit en kiekies neem….haha.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.