[Foto’s] Vrou maak rok van 10 000 lekkergoedpapiere

Foto: Facebook/Artistry and Upcycling by Emily Seilhamer

Emily Seilhamer van Pennsilvanië in die VSA het vier jaar lank lekkergoedpapiere bymekaargemaak sodat sy vir haar ʼn rok kon maak.

Sy het ook nie sommer enige lekkergoedpapiere gebruik nie, maar dié van ʼn spesifieke lekker genaamd “Starburst” – ʼn toffielekker wat in vrugtegeure beskikbaar is.

“Dit is my man se gunstelinglekkers. Hy het vir my ʼn Starburst aangebied met ons eerste ontmoeting,” sê Emily.

Haar hele gesin het hul kant gebring om soveel moontlik papiere bymekaar te maak totdat hulle 10 000 papiere bymekaargeskraap het.

“Ek het die papiertjies in kleure gesorteer, elkeen gestryk, netjies inmekaargevou en toe met elastiese garing aanmekaargewerk.”

Selfs mense wat nie ʼn soettand het nie, sal dié rokkie waardeer, of hoe?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ai ·

Ekt n rok van koerante gemaak en meestal die fotos van gebeure oor n jaar gebruik. Was vir n wedstryd. Aardklop wou my rok uitstal maar die model wat my rok gedra het se ma het opgedaag en terwyl ek n onderhoud gedoen het toe skeur sy my rok van haar model dogter af want hulle was haastig.

Ek was bitter ongelukkig. Dit was onherstelbaar.

Mooi rok, goeie beplanning!

Wern ·

Ek sou daardie ma hof toe gesleep het. Ek moedig jou aan om dit nog te doen. Mense moet verantwoordelikheid weer begin aanleer.

Adoons ·

Nou wonder ek of die enetjie in die foto net ‘n model is, en of sy nou Emily Seilhamer is. Mens kan kwalik dink dat iemand met 10,000 lekkers agter die blad in daardie rokkie sal pas! En dan wil ek ook nie die tandjies sien nie….

Positief ·

Dit is ongelooflik nie eers te praat van kreatief nie. Geduld is hier die belangrikste en as jy dit het sien jy kans vir baie.
As mense net hul kreatiewe brein inspan en besig bly dan sal ons land minder problem he

CAROL ·

Baie mooi – maar sy moet opas hulle gaan haar dalk wil op eet (ha-ha-ha)

Johann ·

Die lekkers het eerste aan die beurt gekom, wat nou wel ‘n jammerte is. Mens sou graag die proesessie wou kombineer.

Stunning mooi ·

Stunning mooi…pragtig!!! Dit wil gedoen wees!!!!! Ek soek ook so een

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.