Foto’s: Vrou op soek na paartjie wat verloof raak

Foto: Jen Bohn, Facebook

Foto: Jen Bohn, Facebook

ʼn Vrou is op soek na ʼn paartjie wat by die Eiffel-toring in Parys, Frankryk, verloof geraak het om die foto’s wat sy geneem het, vir hulle te gee.

Jen Bohn van Kalifornië in Amerika en haar man, Jeff, het deur Europa gereis en was die dag by die Eiffel-toring toe sy dié toneel voor haar sien afspeel het. Die man het die groot vraag gevra en sy meisie was baie emosioneel toe sy instem om met hom te trou.

Jen wou glo na hulle toe hardloop om die foto’s vir hulle te gee, maar sy was in die ry vasgevang.

Sy het die foto’s nou op Facebook geplaas, vol verwagting dat iemand iewers die paartjie sal herken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.