[Foto’s] Vrou trou met haarself

Laura Mesi (Foto: Micaela Martini via La Repubblica)

ʼn Vrou van Italië het ewige trou aan haarself beloof in ʼn seremonie met ʼn wit rok, drielaagtroukoek, strooimeisies en 70 gaste.

“Ek glo dat ons eers onsself moet liefhê,” verduidelik die 40-jarige Laura Mesi, ʼn fiksheidsinstrukteur. “Jy kan ʼn feëverhaal hê, selfs sonder die prins.”

Die seremonie het nie enige wettige gevolge nie, maar Mesi is deel van ʼn toenemende neiging van persone wêreldwyd wat met hulself trou, ʼn sogenaamde “sologamie”.

Mesi het twee jaar gelede met die idee vorendag gekom ná ʼn 12 jaar lange verhouding beëindig is. “Ek het vir my vriende en familie gesê as ek nog nie teen my 40ste verjaarsdag my lewensmaat ontmoet het nie, dan sal ek met myself trou,” het sy aan La Repubblica-koerant gesê. “As ek eendag ʼn man kan kry saam met wie ek ʼn toekoms kan beplan sal ek bly wees, maar my geluk hang nie van hom af nie.”

Mesi is die eerste vrou in Italië wat ʼn enkelseremonie hou. ʼn Man, Nello Ruggiero, het in Mei in Napels vir homself die ja-woord gegee. ʼn Reisagentskap het in 2014 in Japan met bruidseremonies begin vir enkellopende vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

bollie ·

Stem saam, soek aandag OF sy het ‘n moewiese sielkundige probleem.

Karma ·

Ai, JC en Bokram – hoekom so negatief? Die vrou is ‘n sologamis (enkelloper – ek is ook een) en het gekies om geld (waarvoor sy sekerlik moes gewerk het) op ‘n troue vir haarself te spandeer. Hoekom mag sy nie? Het geeneen van julle twee nog ooit vir julleself gesê: ek het hierdie of daardie goeie punt en kan/moet trots wees op myself nie – m.a.w. jouself geïnspireer of moed ingepraat nie?

JA – om ‘n sologamis te wees is bitterlik ver van om ‘n narsis te wees – narsisme is waar jy jouself verryk of ‘goed’ maak ten koste van ander. Ek het self ook as jong meisie besluit om nie te trou of kinders te hê nie. Dit is net eenvoudig so. Ek verkies my eie geselskap en is aseksueel, tog is ek ‘n normale mens, met ‘n goeie sin vir humor (dikwels ten koste van myself) en ek respekteer ander mense se besluite oor hoe om hul lewens te lei, ten volle. O ja, Bokram, lees tog so bietjie beter – “Die seremonie het nie enige wettige gevolge nie” staan daar in die berig – so sy hoef nie in haar status quo te bly, sou sy bv. verlief raak en reg voel om te trou nie.

Julle twee, gun tog iemand anders ook ‘n bietjie son?

Simone ·

Nee.. sy is tevrede met haarself.. as ek kon sou ek ook met myself getrou het.. niemand is so goed vir my soos ek nie… wag.. ek kan met myself trou.. jipeeee

Theresa ·

Wow! So ‘n mooi vrou. Weet darem nie of sy met haarself hoef te trou net om te bewys sy is lief vir haarself nie? Trou is maar vir 2 mense. Sy kon dalk eerder ‘n partytjie gereël het en als dieselfde gedoen het, behalwe trou aan haarself d m v trou te sweer?

Bokram ·

Moenie alle mans onder die selfde kamp skeer nie asb brens,watse man wil elkgeval met so mal vrou trou,daar moet groot fout wees as jy al die geld spandeer en met jou self trou,dan los jy dit eerder en gaan normaal met jou lewe aan,dit beteken seker sy mag nie saam met iemand anders slaap nie want dan verneuk sy haar self,sy moet getrou aan haarself bly en voor sy weer mag trou moet sy eers skei.mense doen snaakse goed vir aandag.

Denise ·

Baie slim vrou sy se dan haar geluk hang nie van n man af nie pragtige vrou!!!!!

Ann ·

Ek stem saam, nie alle mans is dieselfde nie. Maar as ek geweet het wat ek vandag weet, sou ek ook maar eerder met myself getrou het. Ek dink sy is oorspronklik, en na sy ‘n liefdesteleurstelling gehad het kan ek my indink dat sy haar selfvertroue moes terugkry.

Iri ·

Ag wragies Bokram, daar is geen wettige gevolge nie. Ek dink dis n oulike idee. Sy is immer 40 en wou dalk haar sprokies troue gehad het reeds omdat sy nie n man kry waarmee sy haar lewe wil spandeer nie. So eder dit as wat sy enige man gaan trou just for the sake of getting married soos wat baie mense reeds doen en dan skei na 2 jaar.

Stormrider ·

Sy gaan net ‘n paar jaar getroud wees en haarself skei en dagvaar vir onderhoud.
Dis ‘n ou truuk! ?

Karma ·

Nee -“die seremonie het nie enige wettige gevolge nie” – sy “on-trou” haarself dan net deur te regtig-egtig te trou.

Wessel ·

Hierdie hele storie is maar baie pateties. ‘n Mens kry haar eintlik jammer.

Kaspaas ·

Huh – net toe Ek dink Ek het nou alles gesien en gehoor. Kan dit amper nie glo nie!

Vermeende ·

Albaster, dit lyk of die meeste mense hier en elders ook nie weet wat die definisie van trou behoort te wees nie.
Mense moet maar eers die woord trou en eg dieper besoek om te weet wat dit beteken.

Volgende week het sy n lekker argument met haarself en hoe sky sy dan……lol
Dis waarlik belaglik.

Karma ·

@Vermeende – en almal wat vra oor hoe sy van haarself gaan skei, as sy eendag wil: “die seremonie het nie enige wettige gevolge nie” – hoe verstaan julle dit dan nie???

Koeksuster ·

‘n 12 Jarige verhouding klink vir my effens na ‘n minderjarige situasie? Dalk eerder ‘n 12 jaar lange verhouding?

bollie ·

Ek hoor daar is probleme in haar huwelik, blykbaar nou van bed en tafel geskei en sit nou op straat.

Valerie ·

Ken hulle mekaar darem ‘n rukkie, of is dit ‘n troue uit die bloute?

Helene ·

Ai ek wil net se hierdie enetjie weet nie wat sy mis nie. Daar is niks so aangenaam en vervullend soos n huwelik nie. Vir my is dit verskriklik lekker om alles wat ek het te kan gee aan my maat. Om geliefd te wees is wonderlik maar om te gee en lief te he is fantasties. Wat is nou lekkerder om te sien hoe jou geliefde gedy onder jou sorg en liefder hom of haar.

Helen ·

Hu lank is jy nou getroud? seker maar nog op honeymoon lol. Praat weer!!

Henry ·

Wat ‘n oulike vrou wat ook ‘n wonderlike humorsin het!
Dink die ouens gaan nou oor hul voete val om by die mooi en slim Aaitaai uit te kom.

:-)

Meraai ·

Stem saam,maar sy sal eers deur n helse skeisaak moet gaan om weer te kan trou. lol

Williew ·

En ek het gedink EK doen soms stupid dinge…baie bly daar is mense was “stupiderster” as ek is….he he

Simone ·

Troues is duur.. en sy het durf wat baie vrouens nie het nie.. ek het al opgegee om eendag n trourok te dra.. dis een droom wat ek gedink het nooit sal gebeur nie.. en nou kan ek dit ook doen..

Henry ·

Miskien moet alle suurknolle daaraan dink om met hulself te trou.

Apache ·

Dit wil my voorkom dat sekere mense nou suur druiwe pluk, miskien bietjie jaloers op die mooi vrou? lol

Afrikaanse Knaap ·

Eerste wêreld probleme :-)
As ek so mooi was soos sy het ek ook met myself getrou.

ekke ·

dis glad nie goed koop aandag soek nie, troue is baie duur maar hoekom nie eerder n onthaal of partytjie gehou sonder die serimonie, hoe kan n mens met haar self trou dis mos net mallegeid

DS ·

Ai die ou klomp bitterbekke tog. Ek dink baie van julle is net jaloers want of julle is ongelukkig getroud of ongelukkig om getroud te wees. Each man/woman to his/her own.

jessica ·

Geen man soek ‘n siek vrou nie, sy soek vreeslik aandag, sy het sielkundige hulp nodig.

Joe Hall ·

Hier’s ‘n paar knolle wat so suur is dat hulle nie eers met hulle self sal trou nie.
hehehe

hw ras lushof 81 tzaneen ·

Laas toe ek met so n meisie gekuier het.
Het sy my 4 keer weer getrou.

Gee my n kans

LG Erasmus ·

As ek so mooi was het ek nie net met myself getrou nie, ek sou ook my eie kinders gemaak het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.