[Foto’s] Vrouewerktuigkundiges ‘diens’ jou kar, hare én naels

Patrice Banks, stigter, ingenieur en werktuigkundige, meen die kliniek is ʼn veilige plek vir vroue om meer inligting te bekom oor hoe karre werk terwyl hulle heerlik bederf word. Foto: Facebook/GirlsAutoClinic

Girls Auto Clinic bestaan uit ʼn span vrouewerktuigkundiges wat graag vroue aanmoedig om meer betrokke te raak by dié bedryf. Terwyl jou kar versien word, kan jy sommer jou naels en hare ook laat versorg.

Patrice Banks, stigter, ingenieur en werktuigkundige, meen die kliniek is ʼn veilige plek vir vroue om meer inligting te bekom oor hoe karre werk terwyl hulle heerlik bederf word. Banks sê sy wil vroue se indruk van die motorbedryf verander en hulle sodoende bemagtig.

Alle personeel by dié maatskappy is vroue en Banks sê sy skep graag geleenthede vir vroue met die nodige beroepsvaardighede sodat hulle lekker kan werk sonder diskriminasie.

Die eerste werkswinkel is in 2013 in Philadelphia in die VSA geopen en Banks spog met nog ʼn tak wat vanjaar op die been gebring is.

“Ons kliënte ondersteun ons omdat hulle goed voel oor hulself en hul motors wanneer hulle hier uitstap,” sê Banks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Fantasties! Seker nog net in die VSA? Hoe kontak mens die person?

ekke ·

Kyk my v8 rook so bietjie. Maar ek steek my kop in skaamte onder die dashbord in as die dames hom gediens het en hy skop sulke bolle pienk rook uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.