[Foto’s] VSA-verkiesing: Vee jou af aan die kandidaat van wie jy die minste hou

Toiletpapier met Donald Trump en Hillary Clinton se foto op.

Toiletpapier met Donald Trump en Hillary Clinton se foto op.

Patriotiese Amerikaners kan glo heerlik inkopies doen met die groot hoeveelheid items wat in die VSA te koop is met die gesigte van die twee Amerikaanse presidentskandidate op.

Die voorspelbare items, met Donald Trump en Hillary Clinton se afbeelding op, soos T-hemde, wikkelkop-poppies en soetkoekies, is oral beskikbaar, berig die Huffington Post. Maar ʼn paar meer bisarre items is ook op winkelrakke te kry: Daar is ʼn kussing wat ongeskikte geluide maak wanneer jy daarop gaan sit (“whoopie cushions”) met Trump se gesig op, skrikwekkende Halloween-flesse wat lyk of die twee kandidate se koppe binne-in die fles dryf, maskers, speletjies, muntstukke, speelgoedfiguurtjies, inkleurboeke en Trump-sokkies met ʼn pikante Trump-kuifie wat bokant jou skoen uitloer.

Volgens die versamelaarskenner, Jim Warwick, eienaar van White House Gifts in Washington, sal versamelaarsitems met Clinton se afbeelding op oor ʼn paar jaar van nou af baie waardevoller wees as dié met Trump se gesig op, al is daar ʼn groter verskeidenheid items wat met Trump die spot dryf.

“Clinton se items het baie meer langtermynwaarde, eenvoudig omdat sy die eerste vrouekandidaat is, net soos die waarde van Obama se eerste veldtog,” het Warwick aan die Huffington Post gesê. “Oor ʼn honderd jaar van nou af sal enigiets wat met Hillary geassosieer word, een van die waardevolste versamelaarsitems wees wat jy kan besit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

Donald soos 90% van ons Politisie gee my ‘n moeder van alle pyne!!! Ek kry voedsel-vergiftiging as hulle gesigte op TV is.

Nina ·

Kan iemand dalk vir ons Suid-Afrikaanse weergawes van die toiletpapier druk asb!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.