[Foto’s] Wagter en eend soos vinkel en koljander

(Foto: Pam Ishguro)

Dit is nie elke dag dat jy ʼn hond en ʼn eend sien wat beste maats is nie, maar in Kalifornië in die VSA mag jy dié vreemde vriende dalk net raakloop.

Dié beste vriende, Barclay, ʼn golden retriever en ʼn peking-eend met die naam Rudy, steel die harte van duisende op sosiale media.

“Rudy en Barclay het mekaar nodig en ek dink dit is waarom hulle so ʼn sterk band het. Hulle is soos die kinders op die speelgrond wat nie maats het nie, maar gelukkig het hulle mekaar gevind,” sê Pam Ishguro, die eienaar van dié twee vriende.

Barclay hou gereeld die eende dop en gaan kuier in hulle hok. Hy eet nie net die eende se kos nie, maar drink ook die water waarin hulle bad.

“Die diere is baie soos my twee seunskinders – hulle het ʼn liefde-haat verhouding,” vertel Ishiguro. “Wanneer hulle saam is, word een van die twee altyd gejaag, maar wanneer hulle nie bymekaar is nie, roep hulle mekaar.”

Barclay het egter ʼn baie beter verhouding met die eende as wat die ander hond, Izzy, ʼn kruising tussen ʼn chihuahua en ʼn terriër, het. Hulle hou maar Izzy met ʼn valkoog dop, “ons is bang Izzy vang dalk een van die eende.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nettie ·

Eeek …. die hond drink die eende se poefie-water! Jeggg!!!

E.K. ·

Ag tog Nettie… het jy al gekyk waar ‘n hond (reun) orals aan homself lek? Dis glad nie so erg nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.