Foto’s: Walvis se stert red wegholtrein

Foto: Europe Trains Railways ECC/Facebook

ʼn Trein op ʼn lugspoor het Maandag in Rotterdam in Nederland sy spoor verlaat, maar in plaas daarvan om 10 meter na benede te stort, het die trein bo-op ʼn standbeeld van ʼn walvis se stert te lande gekom.

Die kondukteur was geskok maar het nie enige beserings opgedoen nie. Daar was nie enige passasiers aan boord nie.

Die standbeeld, wat toevallig as “Saved by a Whale’s Tale” bekend staan, se oorspronklike doel is nie om eintlik ʼn trein te red nie.

“Dit lyk natuurlik heel poëties,” het Maarten Struijs, kunstenaar en argitek, aan die Algemeen Dagblad-koerant gesê. “Gelukkig kon die stert die gewig van die trein hanteer.”

Verbygangers in die straat onder die standbeeld het verstom staan en kyk na die petalje. Daar was verskeie versoeke dat die trein só gelos moet word as ʼn permanente byvoeging tot die kunswerk, maar Rotterdam Metro en plaaslike beamptes het gesê dit sal nie veilig wees nie.

Ingenieurs stel ondersoek in hoe die trein ontspoor het en hoe dit veilig verwyder kan word.

Europe Trains Railways het gesê die voorval het op 1 November omstreeks 00:30 by De Akkers-stasie plaasgevind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Phillip ·

Dit is ongelooflik en n goeie einde nie traagie nie , ook nie dood nie

Misky ·

As dit nou in SA moes gebeur, was daai trein lankal “gestrip” en weggedra en net die gebrande buitekant oor.

Genadiglik niemand beseer nie – dankie Vader

minniemuis ·

☻ die vis stert sou ook noe meer bestaan het nie net die grate

Riley ·

Hartseer dat negatiwiteit altyd kop moet uitsteek. Ons dank die Vader maar kom ons wees eers bietjie negatief. :(

Niklaas ·

Aanvanklik was die eerste gedagte by my met die lees van die opskrif dat (a) dis een baie vroeë April gek- stelling of sonie (b) dis alweer ‘n geval van fopnuus wat deesdae so algemeen raak.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Gedoriewaar! Dis nou ‘n lekker tong-in-die-kies storie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.