[Foto’s] Wanneer ʼn gemors ʼn kunswerk word…

Of dit nou ink, koffie, water of olie is, dis altyd sleg as iets gemors word – veral wanneer dit iets vlek. Die webwerf Bored Panda het ʼn lys saamgestel van kuns wat per ongeluk geskep is toe iemand iets gemors het. Sien nog vlekke hier.

Ink op ‘n vinger lyk soos ‘n woud (Foto: BrucePee, Bored Panda)

 

Dié vlek lyk soos ‘n hond wat iets heerlik ruik (Foto: Sleeveupmyace, Bored Panda)

 

Hierdie vlek lyk soos ‘n panda (Foto: BigBronon, Bored Panda)

 

‘n Takbok in die verf! (Foto: tommysutro, Bored Panda)

 

‘n Perfekte traandruppel in die verf (Foto: KnocksQuietly, Bored Panda)

 

‘n Vulkaan in die verf (Foto: Cazie, Bored Panda)

 

Swart verf in die wit verf maak ‘n woud (Foto: Stedey, Bored Panda)

 

‘n Onverwagse kat in die kantoor toe sy kollega rooi wyn gemors het (Foto: VoodooMamaJuuJuu, Bored Panda)

 

‘n Bietjie koffie wat gemors het en nou na die skuldige loer (Foto: worlds-worst-lurker, Bored Panda)

 

Dié vlek lyk meer geskok as die persoon wat dit gemors het (Foto: slipspace11, Bored Panda)

 

‘n Beer in die gemors (Foto: lecoolcat, Bored Panda)

 

‘n Gemors het droog geword en ‘n dinosaurus geword (Foto: amstarcasanova, Bored Panda)

 

‘n Eekhoring eet ‘n neut in dié vlek (Foto: SilkKringle, Bored Panda)

 

Dié vlek lyk soos ‘n buiteruimtelike wese (Foto: Czar_of_Nothing, Bored Panda)

 

‘n Boom in die gemors (Foto: adorablenutellakitty, Bored Panda)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

James ·

Nee genade, dan bly ekl maar liewer ‘n pleb. Om vir ure te sit en staar na ‘n vlek is nader aan onnosel as “kuns” as jy my vra. As kinders het ons op getuur na die mooiweer’s woke en daarin forms gesien. Dit was groot kinder pret maar nooit “kuns” nie – wat’s die verskil?

Leeu ·

Kuns is nie net iets wat jy sien nie. Mens kan redeneer dat as ek mors, ek dit gemaak het, en n prent daaruit kry, en dit kan dus kuns raak. Om prentjies te maak uit wolke is iets wat jy sien, en nie maak nie. Meer mense sien dieselfde prent uit die gemors as dié wolk wat jy sien.

A ·

Nee James, hierdie is nog ok. Dis net mense wat iets sien nadat hulle gemors het. Wag totdat hulle betekenis daaraan begin gee. Goeie genade – ek het al snaakse dinge gehoor. Bv. die buiteruimse wese kan hulle interpreteer as ‘n besoek van ‘n ander planeet en dat hulle volgende opgeneem gaan word. lol!

Johann ·

Rooi wyn op kantoor? Jinne, ek wil beslis aansoek doen vir n pos daar….

VerbyHierdieWeek ·

Ek het dieselfde gedagte gehad. ‘n Glasie van die Kaap se beste Merlot sal darem nou al te heerlik wees terwyl ek my laaste hoop werk probeer wegwerk voor die naweek.

Marts ·

Maar ons kan mos vir jou n Merlot’tjie stuur hier uit die Kaap :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.