Foto’s: Wat sien jý in die spieël?

Foto: Tom Hussey Photography

Foto: Tom Hussey Photography

Die fotograaf Tom Hussey se fotoreeks, Reflections, het al in 2010 die jaarlikse Communication Arts Photography-prys gewen, maar die foto’s word steeds wyd op sosiale media gedeel weens die emosionele aard daarvan.

Novartist, wat die Exelon-plakker vervaardig vir die behandeling van geringe tot matige Alzheimers, het Hussey se foto’s as ʼn bemarkingsveldtog gebruik.

Hy vang oomblikke vas van bejaardes wat hulself weer as die jong meisies of ouens sien wat hulle eens was.

Hy het glo met die reeks begin toe hy Gardner, ʼn Tweede Wêreldoorlog-veteraan op sy 80ste verjaarsdag ontmoet het, en Gardner vir hom gesê het hy voel en dink nog steeds soos ʼn jongman.

Besoek Tom Hussey se webwerf of kyk na die volgrootte foto’s uit sy versameling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.