[Foto’s] Wêreld se grootste passasierskip

Model van die Allure of the Seas Foto: sergeydolya.livejournal.com

Model van die Allure of the Seas Foto: sergeydolya.livejournal.com

Allure of the Seas is die wêreld se grootste passasierskip en kan 7 500 persone, insluitend 2 500 personeellede, vervoer.

Daar is ook ʼn ysskaatsbaan, verskeie sportbane, insluitend ʼn gholfbaan en rolbalbaan, rotsklimmure, ʼn gimnasium, groot spa en swembaddens. Daar is ook ʼn casino, winkels en karaokerestaurante, met nog swembaddens en sonbeddens op die dak.

MS Allure of the Seas word bedryf deur Royal Caribbean International en sy is 50 mm langer as haar susterskip, Oasis of the Seas. Aker Finnyards het in Februarie 2006 die skip bestel en vervaardiging is in 2008 in Turku, Finland, begin. Sy is in Desember 2008 ter see gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Knapie ·

7500 persone, waarvan 2500 personeellede is. Dit is een personeellid vir elke 2 passasiers. Dit beteken elke passasier moet bydrae to die salaris van 1/2 personeellid + brandstof +instandhouding. Kan my nie eers indink wat n kaartjie sal kos nie….

Lindi ·

R13289 ($897 omtrent) ongeveer vir een van daai cruises van omtrent 7 dae

vermeende ·

Haal die foto’s af voor Zuma dit sien en ‘n privaat een wil he.

adrian ·

Lindie r13289 is n winskoop onthou in daai 7 dae seil die skip na verskeie lande en eilande. Alle kos van die beste is deel van die pakket, diens in jou kamer lakens word geruil als lekker. Wanneer ek geld het sal ek enigteid saam met vroutjie douwkie gaan vakansie hou……hoop ek wen die lotto

Eduard ·

Is ek die enigste persoon wat sien dat daar nie genoeg “live rafts” is nie

Driaan ·

En net soos die Titanic is daar maar baie min lewensreddingsbootjies…..

Ruandie ·

Was al op so Cruise. Dit was die beste en goedkoopste vakansie. Enigste probleem is….as daai gogga jou gebyt het wil jy aanhoudend gaan. Lewensredder bote kan baie mense inlaai.
Sal dit enige tyd aanbeveel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.