[Foto’s] Wêreldrekord vir ‘kleinste’ getroude paartjie

Foto: www.dailymail.co.uk

Paulo Gabriel da Silva Barros en Katyucia Lie Hoshino van Brasilië het die rekord verbeter vir die kleinste getroude paartjie in die wêreld. Foto: www.dailymail.co.uk

Paulo Gabriel da Silva Barros en Katyucia Lie Hoshino van Brasilië het die rekord verbeter vir die kleinste getroude paartjie in die wêreld.

Dié verliefdes, wat in September die knoop in Londen deurgehak het, se saamgestelde lengte is ongeveer 181,41 cm.

“Ons hoop dié rekord sal mense aanmoedig om verby mekaar se verskille te kyk en almal gelyke kanse te gee,” het die paartjie in ʼn persverklaring gesê.

Paulo (31) en Katyucia (28) het mekaar agt jaar gelede op sosiale media ontmoet en sê hul troudag, wat buite St. Thomas-hospitaal in Londen plaasgevind het, was alles waarop hulle gehoop het.

“Van die eerste keer dat ek haar gesien het, was sy pragtig,” het Paulo gesê. Volgens hom wou sy eers niks met hom te doen hê nie, maar hy het wel haar hart verower. Daar is eers ʼn lang tyd aanlyn gekommunikeer en uiteindelik, op 20 Desember 2008, het hulle mekaar die eerste keer ontmoet – ʼn week later het hulle begin uitgaan.

Paulo, ʼn stadsamptenaar, en Katyucia, die eienaar van ʼn skoonheidsalon, het vier jaar lank ʼn langafstandverhouding aan die gang gehou waar hulle mekaar net elke paar maande kon sien en toe besluit om nader aan mekaar te woon.

“Ons mag dalk kort wees, maar ons het groot harte en baie liefde vir mekaar en vir die mense in ons lewe. Die lewe is nie sonder uitdagings nie, maar ons is gelukkig om dit saam te kan aanpak.”

Dié twee skerts ook dat die vierlaagkoek by hul onthaal amper so hoog soos hulle was.

Bron:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Te pragtig, ongelooflik. Vergeet nou maar van die rekord, dit moet sekerlik wees wat God in gedagte gehad het toe hy die instelling tussen man en vrou, ook uitdruklik met die doel om te vermeerder, ingestel het.

Jakobus ·

As die troukoek normale mens grootte was, kon hulle self daar op die boonste vlak gaan staan het.

PW Growee ·

Mag hulle laaaank gelukkig wees en hoë hoogtes bereik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.