[Foto’s] Worsies neem deel aan modeparade

Meer as ʼn 100 kostelike worshondjies het aan St. Petersburg se sesde kostuumparade deelgeneem.

Daily Mail berig die honde is Saterdag deur hul eienaars by die 24 m lange ‘loopplank’ afgelei op Vasilyevsky eiland.

Verskeie kostuums soos ʼn sigeuner en koei is bespeur. Een is selfs selfs soos die duiwel aangetrek.

Kyk hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pop ·

My honde steek hulle gesigte agter my rug in toe ek hulle wys?

Leendert ·

Die onopgesmutes is die mooiste, natuurlik. ‘n Skotse hondjie is te pragtig, hy is so rustig, geen haas nie, kyk so op sy tyd rond en stel belang, te oulik. Draf darem so nou en dan, stadig. Jack Russel is weer woelig, gee almal om hom gas. ‘n Rufrig is baas, het nie probeme nie, weet hy kan die situasie hanteer. So het elkeen sy smaak na hom geleer.

Well-I-never ·

Ek kan nie GLO dat mense so min het om hulle mee besig te hou dat hulle hulself met sulke strooi besig hou nie. Ek dink net aan die arme diertjies wat onderwerp word aan die twak. Ek hoop nie daai oorringe is deur die worsie se oortjies nie. Ek kan nie mooi sien nie maar ag nee sies man! Get a life. Daar’s mense wat doodgaan van honger en ontbering daar buite, diere wat verhonger en verwaarloos is en dan DIT….?

Justice ·

So een of twee wat nie sal uitvoel by die Parlements opening nie.

Hannelize ·

Die arme diere!!!
My 8 worsies wil my byt as ek net vir hulle die gewone jassies aantrek. Dink net wat gaan hulle met my aanvang as ek hulle so moet op dress?

Gina ·

Dis oulik. Worsie 1 se gesiguitdrukking pas by sy uitrusting. So koninklik. Ek dink die worsies is almal goed versorg en kry baie liefde by hul eienaars. Worsies laat anyway nie met hul mors nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.