“Gangnam-style” kry Afrikaanse klankie

Die popliedjie Gangnam Style wat kitssterstatus aan die Suid-Koreaanse kletsrymer, Psy, besorg het en mense regoor die wêreld die ‘perdjiery’-dans laat doen, het ʼn Afrikaanse klankie gekry.

Kaptein Skuim, van JacarandaFM se Martin Bester Drive, het ʼn gekskeerliedjie weergawe, Langarm Style, van die treffer gemaak. Langarm Style was so gewild dat Kaptein Skuim deur luisteraars oorval is om dit op video uit te reik. Die nagklub Presleys, ʼn videovervaardiger en talle aanhangers het gou aan boord gespring om die video ʼn werklikheid te maak. Die video is in minder as ʼn week opgeneem en vervaardig. Dit is Dinsdag deur JacarandaFM op YouTube gelaai en dit is reeds meer as 1 000 keer gekyk. Jakkie Louw maak ook sy verskyning in die video.

Die oorspronklike Gangnam Style volg onder die Afrikaanse weergawe.

http://youtu.be/QJMF7AqUv8Q

http://youtu.be/TTqpEJh03fI

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.