Gas gekap toe sy met bruid verwar word

Die foto wat van die vrou met haar “onvanpaste rok” gedeel is

ʼn Gas by ʼn troue word veroordeel vir haar “styllose” wit rok nadat sy vir die bruid aangesien is.

Een van die ander gaste het ʼn foto van die vrou met haar wit rok – boonop met ʼn sleep – op Reddit gedeel en gebruikers het gou ook hul teleurstelling uitgespreek.

As ʼn gas by ʼn troue is daar sekere ongeskrewe reëls, meen die gebruikers: moenie vergeet om te RSVP nie, skakel jou selfoon se klank af en daag betyds op. En, tensy jy die bruid is, moet jy beslis nie wit dra nie.

Die vrou by dié troue het haar egter nie aan die reël gesteur nie, en met ʼn lang wit rok, van kant gemaak, opgedaag, berig die Daily Star.

ʼn Vriendin het op Facebook gesê: “Hierdie vrou lyk pragtig en absoluut perfek. Maar sy is NIE die bruid nie.”

Ander gebruikers het gesê die rok is heeltemal onvanpas. “Het sy niemand gehad wat gesê het dit is dalk nie die regte geleentheid vir dié pragtige rok nie?” wou nog iemand weet. In reaksie hierop het iemand anders gesê haar kêrel moes dalk ook vir haar gesê het dit is ʼn onvanpaste uitrusting. “Ek dink dit is ʼn selfsugtige paartjie.”

Talle het laat weet hulle sou die vrou uitgeskop het as sy met só rok by hulle troue opgedaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marcello ·

Mense steur hulle nie aan reëls of etiket nie, veral by ‘n troue, ek was by ‘n formele troue, en iemand het opgedaag met ‘n Denim en ‘n T-hemp. Ek voel dit is nie die plek vir dit nie. Ek het ook al reaksie gekry waar ek iemand na ‘n troue toe uitgenooi het, en die persoon vir my duidelik laat verstaan het, hulle stel nie belang om dit by tewoon nie, as hulle nie informeel kan aantrek nie. Nodeloos om te së: ek het hulle nie uitgenooi nie.

tweeling ·

Wel as die bruid tevrede is met denim en T hemp kan jy niks daaraan doen nie. Het iemand dalk die vrou met die wit rok geken, lyk nie so nie, maar dalk ken die bruidegom en bruid haar en het dalk geweet sy trek gewoonlik so aan. Mense kan darm jaloers wees

Daleen ·

Mens kry so min geleentheid om deesdae bietjie “uit te haal” en regtig formeel aan te trek. Ek lief troues wat formeel is want ek geniet om ‘n mooi aandrok en hakke aan te trek. Die dragkode word op uitnodiging genoem hou daarby en respekteer die bruidspaar se wense dit is hulle dag.

Twopence ·

As hy reg grootgemaak is ….. genoeg om in liefdde vir sy vrou te sê dat sy pragtig lyk, maar dié rok nie gepas is vir die geleentheid nie. As sy ‘n slim vrou is, sou sy geluister het. Die mense naaste aan ‘n persoon, is gewoonlik die eerlikste en ‘n mens moet dit waardeer en respekteer. As jy wil sleg voel ….. gun jouself ‘n paar minute daarvoor en gaan trek dan ‘n beter gepaste rok aan en gaan geniet die troue of watter okasie ookal.

Blikkantien ·

Hehe, dalk was dit ‘n eks van die bruidegom wat hom wou wys wat hy prysgegee het.

Kiepie ·

Di sal ‘n baie brawe (of dom) man wees wat vir sy vrou/meisie sê haar uitrusting is “onvanpas” ;-)

Salome ·

Die man het ‘n skouerruiker aan. So ek twyfel of dit gewone gaste was.

Chris ·

Ek gaan eerder na ‘n vrolike begrafnis toe as ‘n dooierige troue. Die mense het nie meer klas deesdae nie. Grond kan jy koop maar agtergrond nie. As dit ‘n vervelige troue gaan wees, vat maar jou eie “koelboksie met iets is” in saam. As jy ‘n denim en T hemp wil aantrek, sit dan ten minste ‘n strikdas aan en dra ‘n baadjie. Jy vry ook nie die blommemeisies, strooimeisies, skoonma’s of enige van die gaste behalwe jou gesellin nie. Jy spring ook nie in ‘n fotosessie in sodat daar later gevra word wie is die jakkals nie. Ek hoop alle jong manne vat die raad, want ek het dit gedoen en dit werk nie altyd nie. NS. Daar is darem maar niks lekkerder om as ‘n ongenooide by ‘n lekker troue op te daag nie. Soos die Ingelse spreekwoord lui, Done That. Die Yskor Klub in Pretoria was ‘n bynes van troues sekere tye van die jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.