Gas moet opdok vir tweede sny troukoek

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

ʼn Gas by ʼn troue het ʼn paar dae ná die onthaal ʼn boodskap van die egpaar ontvang dat hy “so vinnig as moontlik” vir die tweede sny koek moet betaal wat hy geëet het.

Die gas was geskok toe hy in kennis gestel is dat hy bykomende koste aangegaan het tydens die vieringe en dat hy die rekening moet vereffen.

Die egpaar het gesê hulle het na kringtelevisiebeeldmateriaal van die troue gekyk en gesien die persoon het ʼn ekstra sny troukoek geëet.

Volgens die gas het die pasgetroudes vir hul gaste gesê hulle sal hulle help om vir die troukoek te betaal deur geld by te dra voor hulle ʼn snytjie koek eet. Die gas het die £3,66 (byna R75) betaal om van die koek te eet en het nie weer daaroor gedink nie – totdat hy die boodskap ʼn paar dae later ontvang het.

Die gesprek wat op Reddit gedeel is

Hy het ʼn skermgreep van die gesprek op die sosialemediaplatform Reddit gedeel. Die egpaar het ʼn video met die boodskap gestuur: “Haai, ons het na die kringtelevisiebeeldmateriaal gekyk en gesien jy het twee snye troukoek geëet. Ons het aangekondig dat elke gas per sny moet betaal en gesien jy het net vir die een betaal. Stuur asseblief die £3,66 so vinnig as moontlik.”

Die egpaar se besluit is vinnig veroordeel. “As mens nie ʼn koek vir jou gaste kan bekostig nie – moenie een koop nie!” het een geskryf. “Wat ʼn lekker ding om te doen vir die eerste kosbare paar dae as pasgetroudes om kringtelevisiebeeldmateriaal deur te gaan om te sien wie van my geliefdes £3,66 kan opdok,” het ʼn ander geskerts.

ʼn Ander het voorgestel hulle stuur ʼn boodskap terug wat sê: “Ek het X vir jou geskenk betaal, X vir die petrol om daar en terug te kom, X vir die klere wat ek na jou troue toe aangetrek het en ek het die geleentheid laat vaar om ʼn ekstra skof te werk om eerder jou troue by te woon. As ek die koste van die troukoek daarvan aftrek, skuld jy my XXX. Betaal asseblief dadelik om agterstallige fooie te vermy.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Esther ·

Die geldeenheid is euro, nie dollar nie. So, dis iewers in Europa.

Johan ·

Ek wonder watse stalletjies kan mens nóg oprig by jou troue.

Elmarie ·

Absoluut belaglik. Ek sal so iemand in hulle maai in stuur.

Leonora ·

Racheltjie debeer, nerens in die artikel se dit is in die VSA nie. Dit lyk ook glad nie vir my na n dollar teken voor 3,66 nie. Moenie so vinnig oordeel nie.

Marlene ·

Dis nou belaglik! Maar, die ou mensdom verbaas my nog elke dag ☺

Filistyn ·

Grote genugtig. Hoe meer dae . . . Sal nou moet feite check voor uitnodiging aanvaar word.

Sandra ·

Ek hou van die laaste voorstel oor die x bedrag vir alles en dan skuld die paartjie die persoon ‘n x bedrag. Reverse psychology. I like it.

E ·

Die paartjie lyk my is vrek arm. hulle moes maar net plein ‘n bedelhoed omgestuur het. Gmmffff

Liefietjie ·

Dis nou regtig nie iets om oor huis toe te skruif nie , Hulle is almal kens

Inkpot ·

Deesdae is dit nou ‘n nuwe gier dat uitgenooide gaste vir hulself moet betaal, selfs vir verjaardae.
Jy word uitgenooi na ‘n restaurant om iemand se verjaardag, bruidstee, ooievaars of wat ook al, by te woon en dan vir jouself te betaal.
As jy nie ‘n partytjie kan bekostig nie, moet dan nie een hou nie of nooi die mense na jou huis, dis baie goedkoper.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.