Gaste spesiaal tydens troue geblinddoek

Foto: James Day

Gaste by Stephanie Agnew en Robbie Campbell se troue in Queensland, Australië, het Sondag blinddoeke aangesit om die bruid te ondersteun wat ʼn paar jaar gelede haar sig verloor het.

Stephanie (32) was 27 jaar oud toe sy blind geword het weens ʼn oorerflike oogsiekte, kegelstaaf-distrofie. Sy kan ligte en donker skakerings sien, maar haar ma is heeltemal blind. Sy het Robbie kort daarna ontmoet.

Die egpaar wou hê hul 54 gaste moet die troue op dieselfde manier as Stephanie en haar ma beleef.

Robbie het in ʼn onderhoud gesê personeel by die troulokaal het baie moeite gedoen om al die visuele kenmerke van die venue aan Stephanie te beskryf. “Ons het op dié spesifieke venue besluit omdat dit in dieselfde straat as een van Steph se tannies se huis is – dit het ʼn ongelooflike uitsig oor die Glasshouse-berge. Steph kan onthou hoe dit gelyk het toe sy as kind dit kon sien en kon dus indink hoe die uitsig lyk.”

Die egpaar het ook seker gemaak dat ander sintuie tydens die seremonie geprikkel word. Stephanie se ruiker is saamgestel uit blomme wat lekker ruik en die personeel het dit in volle besonderhede vir haar beskryf.

ʼn Uil van Raptor Vision het op Stephanie se arm kom land om die ringe af te lewer.

“Wanneer ons een van ons sintuie verloor, dan verskerp die ander,” het fotograaf James Day gesê. “Op só manier kon ons dié belofte van ewige trou op ʼn unieke manier beleef. Vandag beleef ons dit uit Steph se perspektief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Irma ·

Dit is so wonderlik om iets mooi’s te sien gebeur en dat daar nog mense is wat moeite doen om ander se lewe beter te maak. Positiewe gebeure raak so skaars terwyl die lelik in mense oral sigbaar is en in almal se kele afgedruk word.

Betsie ·

Wow dis so spesiaal..Kry ek hoendervleis. Mag julle net geluk en voorspoed beleef in julle huwelik.

Theoline Jacobs ·

Sjoe dis so ‘n mooi gebaar….Ware liefde, Dankie Hemelse Vader dat liefde nog bestaan

Foxi ·

Liefde lê in die innerlike en nie by die uiterlike nie. Die gelukkigste huwelik wat jy kan hê is die gesegde: Vir n gelukkige huwelik moet die vrou blind wees en die man doof.
Die vrou sien nie haar man se foute nie en die man hoor nie die gekla van sy vrou nie.
Mag hulle huwelik gelukkig wees.

leser ·

baie geluk, mag daar baie, sommer baie, baie jare van geluk met julle wees

anni ·

Sjoe dis nou ware liefde, of “die liefde is blind” wens daar was nog meer foto’s.

Valerie ·

Dis nou ‘n ware troue en nie die oppervlakkige Top Billing gedoentes nie. Hier het ‘n mens ‘n ander een eerste gestel. Pragtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.