Gebruik tandevlos om ʼn waatlemoen te sny!

Argieffoto (Foto: PDPics/Pixabay)

As jy op soek is na ʼn maklike manier om ʼn waatlemoen te sny, is dié vrou se truuk dalk net vir jou.

Die video is vandeesweek op die sosialemediaplatform “Reddit” se Life Hacks forum gedeel.

Die gebruiker @eternalrefuge86 het ʼn video gedeel van ʼn vrou, wat slegs ʼn stukkie tandevlos gebruik om ʼn waatlemoen te sny. Sny die waatlemoen in kwartstukke en gebruik dan die tandevlos om die rooi vrugvlees van die skil te verwyder. Gebruik dan die vlos om dit in netjiese skywe te sny.

Die gebruiker waarsku lesers om seker te maak hulle gebruik nie pepermentgeur-vlos nie.

Meer as 25 000 persone het van die plasing gehou en een persoon het laat weet dit lyk baie veiliger as om ʼn mes te gebruik.

 

An easy way to slice watermelon- just be sure the floss isn’t minty! from lifehacks

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.