ʼn Video van ʼn roofvoël met vermoedelik ʼn haai in sy kloue, het die internet op hol.
Die beeldmateriaal is verlede week by Myrtle Beach in Suid-Carolina in die VSA verfilm. Dit wys hoe die roofvoël met ʼn vis in sy kloue oor strandgangers vlieg.
Kelly Burbage het die video op Facebook gedeel met die byskrif: “Arend? Kondor? Hy het ʼn haai in Myrtle Beach gevang!” Die video is daarna op Twitter gedeel waar dit reeds meer as 15,3 miljoen keer gekyk is en duisende kommentare uitgelok het.
Die Twitter-rekening “Tracking Sharks” het die publiek se hulp ingeroep om die voël en die vis uit te ken. In die video kan mens sien hoe die vis in ʼn stadium spartel om uit die voël se greep te kom. “Weet enigiemand watter tipe voël dit is en hou hy ʼn haai vas?” wou Tracking Sharks weet.
“Hierdie is mal,” het een persoon reageer.
Talle Twitter-gebruikers het gepoog om die tipe vis uit te ken en ʼn debat het ontstaan of dit ʼn klein haai, tienponder of katonkel kan wees. Oor die voël blyk dit kykers stem ooreen dat dit waarskynlik ʼn visvalk is.
Anyone know what type of bird this is and is it holding a shark? #myrtlebeach ???? Kelly Burbage pic.twitter.com/gc59xihiM7
— Tracking Sharks (@trackingsharks) June 30, 2020
Dit lyk vir my baie soos ‘n dolfyn ~ek noem net ek dra bril vir as dit rerig ‘n haai is. Ongelooflike krag wat die voël het. ????????
Het daai haai ‘n kopdoek op? Miskien is die onse President Nkosazana Dlamini-Zuma…..totsiens!
Daai haai sal nie weer nie
Dit is nou waarlik baie interessant…..
Dit lyk soos ‘n aasvoel so aan die begin van die video. kan verkeerd wees net die vorm van sy kop ?
Wie ook al die video geneem het, het dit baie professioneel gedoen. Ek dink nie dit is maklik om dit met ‘n mobiele kamera te doen nie.
Die vis hou niks van vlieg nie
Beslis nie ‘n haai nie.