Daar is ʼn Duitse uitdrukking, om “tierisches Glueck” of “dieregeluk” te hê – en dit is beslis van toepassing in die saak van ʼn man wat ʼn boete vrygespring het danksy ʼn voël in vlug.
Die polisie in Duitsland het gesê die motor is verlede week teen 54 km/h in ʼn 30 km/h-sone bestuur in Viersen, in die weste van die land. Die oortreding sou die bestuurder €105 (ongeveer R1 700) uit die sak gejaag het, as die persoon behoorlik geïdentifiseer kon word. Die voël het egter op die betrokke tydstip reg voor die kamera ingevlieg en die bestuurder se gesig word versper.
“Ons sal die spoedvraat in dié geval in vrede laat,” lui ʼn verklaring van die polisie.
“Die duif moet eintlik ook ʼn boete kry want hy het duidelik ook te vinnig gevlieg,” het beamptes geskerts.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Skynbaar is sy registrasienommer (nommeplaat) ook versper? In dierbaar Suid-Afrika sou die geregistreerde eienaar ‘n foto in die posbus gekry het met die prys vir die ongevraagde foto daarby.
Wat ‘n gelukkige bestuurder,ek dink hy kan eintlik daai voël bedank vir daai “shot” want nou spring hy daai boete vry
Wys jou net…selfs n Voel kan op die regte plek en tyd wees..!
Dis nou wat mens voëlvry of is dit vryvoël noem!
54km/h…spoedvraat??? Ok…