Geen Doritos ‘net vir vroue’ nie

Doritos (Argieffoto)

Gerugte dat PepsiCo Doritos spesiaal vir vroue, “Lady Doritos”, ontwikkel, het sosialemediagebruikers warm onder die kraag.

Dit is egter (glo) nie die waarheid nie. Indra Nooyi, uitvoerende hoof van PepsiCo, het tydens ʼn onlangse podsending van Freakonomics gesê die maatskappy oorweeg happies wat net vir vroue ontwerp is. “Ons ondersoek die idee en staan gereed om dit binnekort beskikbaar te maak.”

Sy het egter nooit gesê dat daar spesifiek “Doritos vir vroue” ontwikkel sal word nie. Nuusberigte oor die onderhoud het egter vinnig verwys na “Lady Doritos” en, soos verwag kon word, het die storie vlamgevat op sosiale media.

PepsiCo het vinnig die gerugte in die kiem gesmoor: “Berigte oor ʼn spesifieke Doritos-produk vir vroue klante is onwaar,” het ʼn woordvoerder Maandagaand in ʼn verklaring gesê. “Ons het alreeds Doritos vir vroue – dit word ‘Doritos’ genoem en miljoene mense geniet dit daagliks.”

Nooyi het egter in die onderhoud dit laat blyk dat gewone Doritos te morsig is vir vroue en die skyfies te veel geraas maak as mens dit eet. “As mens uit ʼn pakkie eet, veral as mens kyk hoe ʼn groep jong ouens die skyfies eet – hulle is dol oor hul Doritos! – dan lek hulle hul vingers af en as hulle klaar is met die pakkie, gooi hulle die gebreekte stukkies direk in hul mond, want hulle wil niks verlore laat gaan nie,” het sy in die onderhoud gesê. “Vroue sou graag dieselfde wou doen, maar hulle doen dit nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anair ·

Ag regtig… hou tog net op om vroue te manipuleer om in n sekere boksie in te pas. Ek gooi my skyfie-oorblyfsels ook in my mond met die pakkie. Ons is nie lamlendig nie

Casper Labuschagne ·

Soos dikwels wanneer die sosiale media uiters onthuts is, en dit soos ‘n veldbrand versprei, word net ‘n deel van die storie vertel.

Ek vermoed sterk dat PepsiCo se deeglike marknavorsing twee woord na vore gebring het waaroor daar nie nou woedend getwiet word nie:

selluliet
heupmaat

Mornay ·

aag regtig word groot wat van n Man size burger of eet girls dit ook nie

of is dit ook nou sexsisties

ek dink dis goed koop advertensie

Blackies ·

Hulle moet of wil iets probeer bewys. Jammer net Simba/Pepsi se dienslewering aan klien besighede is swak. Sal bevoorbeeld glad nie vir ñ snoepie Simba rakke voorsien nie al verkoop ons net Simba.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.