‘Geen spyt’ oor Wêreldbeker-tatoeflater

Jamie Richardson en sy Wêreldbeker-tatoe (Foto: The White Swan – Kippax, Facebook)

ʼn Sokkerondersteuner van Engeland sê hy is nie spyt oor ʼn tatoe op sy maag met die woorde “Engeland 2018 Wêreldbekerwenners” nie.

Engeland is Woensdagaand in ekstra tyd deur Kroasië uitgeskakel in die Sokkerwêreldbeker. Dié land se sokkerondersteuners was hoopvol dat die span na die finaal sou deurdring. Dit is die eerste keer in 28 jaar wat die span na die halfeind kon deurdring. Engeland het in 1990 teen Italië vasgeval.

Jamie Richardson (32) van Leeds het verlede maand reeds die tatoe op sy maag gekry terwyl die Wêreldbeker nog met groepuitdunne besig was. Hy het in daardie stadium gesê hy is “vol vertroue” dat Engeland die Wêreldbeker gaan wen en hy is tydens die wedstryd teen Panama geïnspireer om die tatoe te kry.

Hy het Donderdagoggend in ʼn aanlyn onderhoud met die Australiese televisieprogram The Project gesê hy is “glad nie spyt” oor die tatoe nie. “Ek was hierdie afgelope week trots Engelsman.” Hy het ook aan die omroepers bevestig hy is van voornemens om die tatoe te behou. “As ek eendag 70 jaar oud is, dan gaan ek in die kroeg saam met my pêlle sit, en hulle sal my vra om weer dié tatoe vir hulle te wys. Dis iets wat ek die res van my lewe gaan onthou!”

Richardson is nie die enigste ondersteuner wat sy liggaam permanent met ink gemerk het vir dié toernooi nie. Van die ondersteuners het selfs die gesigte van kaptein Harry Kane en verdediger Harry Maguire op hul liggame laat tatoeëer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Carl ·

Ek’t 2 sleeves, en ek moet sê, ek het so 1 of 2 swak kwaliteit…maar dié is terrible gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.