Talle persone krap kop oor ʼn geheimsinnige swart ring wat onlangs in die lug in Pakistan verfilm is. Kenners reken hulle het ʼn eenvoudige verklaring.
Twitter-gebruiker Blue on Blue het die sirkelvormige swart rook in Lahore opgemerk en ʼn video daarvan gepubliseer. “They are here,” het hy by die plasing geskryf.
Twitter-gebruikers het vinnig daarop reageer en gespekuleer of dit dalk tekens kan wees van ruimtewesens en hul vreemde vlieënde voorwerp of moontlik ʼn deurgang na ander dimensies.
Volgens The Sun is dit moontlik veroorsaak weens ʼn brand by ʼn nywerheidsaanleg. Die rookwolk is waarskynlik veroorsaak deur ʼn klein ontploffing in ʼn ronde struktuur.
Soortgelyke wolke is al ʼn paar keer vantevore opgemerk. NBC News berig ʼn Britse skolier, Georgina Heap, het al in 2014 ʼn soortgelyke fenomeen met haar selfoon afgeneem. Daar is uiteindelik bepaal die “Black Ring of Leamington Spa” word verbind met ʼn vuurwerketoets by die nabygeleë Warwick Castle.
ʼn Soortgelyke ring is ook in 2012 in Chicago opgemerk ná ʼn elektriese transformator opgeblaas het.
Twitter-gebruiker Tariq Irfan het op Blue on Blue se plasing reageer en ook ʼn video gedeel wat hy onlangs in Dubai verfilm het.
They are here. #Lahore #Aliens pic.twitter.com/OfWPG20Il9
— Blue on Blue (@razzblues) January 21, 2020
I noticed a similar thing some weeks ago in Dubai pic.twitter.com/qGl6xhgMtk
— Tariq Irfan (@Tariq_Irfan) January 21, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Niemand noem egter die moontlikheid dat dit ‘n romantiese siel is wat die liefde van sy lewe vra om sy ring te aanvaar nie?
Was dit nie weer Van Hunks aan die werk met sy pyp nie?
Ek hoop darem rêrig nie dat enigiemand gedink het dat dit enigiets met “wesens van die buitenste ruim” te doen het nie. Ek is seker daarvan Twitter was sarkasties.
Dit lyk vir my eerder na ‘n groot swerm insekte wat migreer
Iets se fan belt het afgekom