Geitjie se kamoefleervernuf laat internet verstom

Foto gedeel deur Ramesh Pandey op Twitter

ʼn Foto van ʼn geitjie, inheems aan Madagaskar, laat sosialemediagebruikers verstom met sy kamoefleervernuf.

Met die eerste oogopslag lyk dit of jy net na gedroogde blare op ʼn tak kyk, totdat jy die kop van die geitjie opmerk. Uroplatus phantasticus (Engels: “satanic leaf-tailed gecko” of “phantastic leaf-tailed gecko”) se stert is plat en blaaragtig. Hulle kan tot 9 cm lank word.

Die geitjie kan op ʼn verstommende wyse ʼn dooie blaar namaak en sy lyfie om ʼn tak laat krul. Hy verbloem homself in sy natuurlike habitat in die reënwoude van Madagaskar.

Die naam “satanic leaf gecko” is gebaseer op die feit dat die geitjies lyk of hulle horings het en sommige het selfs rooi oë. Plaaslike inwoners is skrikkerig vir hulle en verwys na die geitjies as die duiwel. Wanneer die geitjies versteur word, staan groter lede van die spesie regop en blaas met die mond oop.

Ramesh Pandey, ʼn bosboubeampte van Indië, het ʼn foto van die geitjie op Twitter gedeel. “Kan jy die geitjie sien?” wou hy weet. Volgens die Daily Mail is die foto reeds in 2009 in die Andasibe-Mantadia- nasionale park geneem.

“Die beste kamoeflering wat ek nog ooit gesien het!” laat een persoon weet. “Sjoe, dit lyk net soos ʼn droë blaar!” het nog iemand geskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willem ·

Die natuur is wonderlik. Ons Skepper het als so perfek gemaak

E ·

Ek is so life vir verkleurmannetjies, en hulle is si bedreig. Nou gaan die fanatici weer probeer om so een in die hande te kry. Wilde diere hoort in die natuur. Maak my so hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.