Gekanselleerde troue word toe partytjie vir haweloses

Sarah Cummins gesels met mans van Wheeler Mission by die Ritz Charles (15 Julie 2017) Foto: Kelly Wilkinson/The Indianapolis Star via AP

ʼn Vrou wie se troue gekanselleer is, het ʼn plan beraam om seker te maak dat die geld wat sy daaraan spandeer het, nie verkwis word nie.

Sarah Cummins (25) het ʼn luukse onthaal ter waarde van $30 000 (byna R390 000) in Carmel, Indianapolis gereël, maar sy en haar verloofde het ʼn week gelede besluit om nie met die troue voort te gaan nie.

Sarah het besluit om eerder die partytjie vir ʼn goeie doel aan te wend. Ongeveer 12 veterane van ʼn plaaslike organisasie was deel van die 170 gaste wat aan die smaaklike ete (en die troukoek!) gesmul het.

Cummins wou nie ʼn rede vir Indianapolis Star gee waarom sy en haar verloofde die troue gekanselleer het nie, maar hulle kon nie die kontrak met die Ritz Charles in Carmel en ʼn ete vir 170 gaste kanselleer nie.

Sy het skuilings vir haweloses gekontak en die gaste vrolik verwelkom toe hulle by die partytjie opgedaag het.

“Vir my was dit ʼn geleentheid om hierdie mense te laat weet dat hulle dit ook verdien om in só plek te wees, net soos enigiemand anders,” het sy gesê.

Plaaslike ondernemings en inwoners het pakke, rokke en ander items geskenk wat die gaste kon dra.

Drie van Sarah se strooimeisies en haar ma en tannies het haar ook by die geleentheid ondersteun.

Sarah se eksverloofde, Logan Araujo, het ook ingestem dat dit ʼn onselfsugtige manier is om die situasie te hanteer.

Sy is nog nie seker wat sy met haar trourok gaan doen nie. “Dis nog te seer om daaraan te dink.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jeannette ·

@Kiepie – hoekom sal hy dit berou? Ek sou eerder sê dit is beter om kop uit te trek vóór die troue, as om net ‘n paar maande of paar jaar getroud te wees – dalk met ‘n paar kinders op sleeptou, oor wie daar tou-getrek gaan word – en dan te skei? SA het hoeka van die hoogste skeisyfers ter wêreld!

Fran ·

Janee, arm mense, met min geld, koop goedkoop kos (stysel) om aan die lewe te bly. Maak dit vir jou sin?

ken van benoni ·

Wonderlike gebaar, waarom is ons mense hier in RSA so geneig om ander te wil afkraak?! Daardie mense sal dit vir altyd onthou.

Susan ·

Watter wonderlike mens is sy nie. Inplaas van in ñ hopie te Gaan sit en haar self te bejammer. Het Sy opgestaan en iets pragtigs uit ñ hartseer omwending gebring. Ek haal my hoed af vir haar. Pragtig.

Aj ·

Dis amper soos die gelykenis van die bruilof in Mattheus 22. Baie mooi.

Richie ·

Net gister kontak n organisasie my om te vra of ek my ou klere wil skenk vir die honger mense in Afrika..my mens antwoord ek toe..enige mens wat in my klere sal pas lei beslis nie honger nie…

Richie ·

Net gister kontak n organisasie my om te vra of ek my ou klere wil skenk vir die honger mense in Afrika..my mens antwoord ek toe..enige mens wat in my klere sal pas lei beslis nie honger nie…

GE ·

Ek moes ook maar dieselfde gedoen het, ek sou myself baie geld gespaar het.

Mike ·

Ja dit is waar GE ek betaal nou nog en dit is 32 jaar later……………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.