‘Geleende’ sleutel van historiese toring byna 50 jaar later terugbesorg

(Foto: English Heritage)

ʼn Sleutel van ʼn Normandiese toring wat in die 11de eeu in Kent gebou is, is 47 jaar nadat dit verdwyn het aan die English Heritage-liefdadigheidsorganisasie terugbesorg.

Die sleutel is per pos aan dié organisasie gestuur met ʼn brief aangeheg wat erken dat die sleutel geleen is en dat die persoon jammer is dit het so lank gevat om by hulle uit te kom.

“Sien asseblief aangeheg ʼn groot sleutel vir die St. Leonard-toring, West Malling, Kent. Geleen: 1973. Terugbesorg: 2020. Jammer vir die vertraging. Groete.”

“Dit is gewis een van die vreemdste pakkies wat ons nog ooit gekry het,” het Roy Porter, senior eiendomme kurator van English Heritage, gesê. “Gelukkig is dit net betyds vir Kersfees!”

Die identiteit van die persoon bly ʼn raaisel, maar die organisasie het ʼn beroep op hom of haar gedoen om na vore te kom.

“Stuur vir ons ʼn boodskap as dit jy was wat die sleutel geleen het, dan gee ons vir jou gratis lidmaatskap omdat jy dit die hele tyd veilig bewaar het.”

ʼn Woordvoerder van die organisasie erken dat hulle geen idee het hoe die sleutel weggeraak het of wie dit sou gevat het nie.

“Ons hoop die persoon kom na vore sodat ons die raaisel kan oplos.”

Die slotte van die toring wat tussen 1077 en 1108 gebou is, is lankal reeds vervang, maar die misterieuse sleutel pas steeds in die oorspronklike deure.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Toring is 900-jaar oud in ‘n beskaafde land. Sal in Suid Afrika al lank verwoes gewees het, veral na 1994.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.