Gesin se waghond is toe eintlik ʼn beer

Die gesin se “waghond” (Foto: CGTN)

Su Yun het twee jaar gelede vir haar gesin ʼn troeteldier gekoop, wat sy gedink het is ʼn klein hondjie.

Yun was in 2016 met vakansie toe sy die dier gekoop het en het gedink die hondjie is ʼn Tibettaanse mastiff, maar dit was eintlik ʼn swart beer.

Eers toe die “hond” se aptyt al hoe groter geword en hy op twee bene begin rondloop het, het die gesin onraad vermoed.

Die “waghond” is eintlik ʼn bedreigde Asiatiese swart beer en weeg nou meer as 110 kg, berig plaaslike media. “Hoe groter hy geword het, hoe meer het hy soos ʼn beer begin lyk,” het Yun gesê. Die beer het daagliks ʼn boks vrugte en twee bakke noedels opgeëet.

Die gesin, van Kunming in Yunnan, het die owerhede ontbied en die beer word nou by die Yunnan-dierereddingsentrum versorg.

Dit is nie die eerste keer wat ʼn beer vir ʼn hond aangesien word nie. ʼn Boer, ook van Yunnan, het in 2015 ʼn “rondloperhond” in die woud gered. Toe hy sy fout agterkom, het hy die beer, genaamd Scorpion, in ʼn hok op sy erf aangehou. Owerhede is uiteindelik in kennis gestel en die beer is ook na ʼn plek van versorging geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nettie ·

Nee man!!!! Hoekom word daardie arme beer in ‘n piepklein staalhok aangehou???? Wat vir ‘n “dierereddingskuiling” is daardie plek dan ook, wat diere “red” en dan in staalhokke sit?

Verdamde onnosele Chinese vroumens wat nie kan onderskei tussen ‘n hond en ‘n beer nie!!!

$ ·

Hoe seker is jy dis die hok waarin hy nou aangehou word, en nie die hok waarin hy vervoer is toe hy by die gesin se huis laat haal is nie?

Nika ·

Nettie google so bietjie tibetan mastiff daai honde lyk soos bere

Niklaas ·

Dis een duur troeteldier om aan te hou. Kosrekenings per maand sal erg hoog wees. Maar dit sal baie effektief wees as “waghond”. Hoef niks te doen soos blaf of grom. Hy moet net verskyn.

Nettie ·

@$ – ten tye van my aanvanklike kommentaar het ek nie geweet of dit die hok is waarin die beer vervoer is of aangehou word nie. Ek het die video op You Tube opgesoek en toe gesien wel dit is net die hok waarin die beer vervoer is, want die laaste greep wys waar die beer verdoof is en toe deur mense uitgehaal word. Maar ek bly by my standpunt oor die verdamde onnooslike Chinese vrou wat nie die onderskeid tussen ‘n beer en hond kon tref nie.

Rupert Ashford ·

Laat my nou dink aan die vervolgstorie op Springbokradio van jare gelede Ka-dubbel O-es: “Vlekkie oubaas se ou Leeutjie”….:-)

HFC ·

Jy moet redelik deur die mis wees om nie te kon sien dat die ‘n beer is en nie ‘n hond nie.

swanna ·

Eish ek soek so ‘n hondjie wat ek kan groot maak asseblief. Ek sal hom baie liefde en kos gee.

Linda ·

Ag dis te oulik !!! wens ek kan so n ‘hond’ kry, hy moet net hier voor my voordeur slaap en rowers hap !!!! Ek sal hom leer hoor !!!

Theresa ·

Het ‘n sterk gevoel hierdie arme dierbare beer het sy einde teëgekom.

Linda ·

Theresa, ek hoop dat hierdie pragtige dier na n goeie plek verskuif sal word voordat hy sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.