Mens hoor gereeld van iemand wat iets vir ʼn paar rand in ʼn tweedehandsewinkel koop en dan later uitvind dit is eintlik uiters waardevol. Dit het onlangs weer gebeur – dié keer met ʼn gesin in Frankryk.
Die gesin was besig om hul solder skoon te maak, toe hulle op ʼn porseleinvaas afgekom het wat uit die Qing-dinastie dateer. Hulle het die vaas in ʼn skoenboks gebêre, omdat die eienaars nie baie daarvan gehou het nie.
Hulle het die vaas by hul grootouers gekry wat dit op hul beurt saam met ander Chinese en Japannese kunswerke van ʼn oom gekry het.
Die eienaars het die vaas na Sotheby’s-afslaers in Parys geneem en kenner Olivier Valmier het dit dadelik uitgeken as ʼn egte vaas van hoogstaande gehalte.
Dit was ʼn Yangcai Famille-Rose-porseleinvaas met die merk van keiser Qianlong, wat tydens die mid- tot laat- agtiende eeu in China regeer het.
Die vaas is ongeveer $600 000 (byna R7,5 miljoen) werd.
Die vaas kom op 12 Junie 2018 onder die hamer.
Ja nee kyk daai soort “luck” sal my nooit tref
Moet met meer intense belangstelling alle ou bokse gaan bekyk!
Moet tog net nie die ding laat val nie. Geen kinders naby nie!!!!!!!!!!!!!!!
Het ook ñ vaas. Wens ek kon dit iewers laat wardeer
Jy kan. Gaan soek op die internet vir “antique auctioneers south africa” daar is n hele paar van hulle wat ‘n goeie internationale reputasie het.
Dis nou n feëverhaal. Sug! Wens ek was só gelukkig.
Wil just van al my antieke items ontslae raak. Miskien.. Mens weet nooit