Gespringery ná doel lei tot ‘aardbewing’

Argieffoto van Mexiko-sokkerondersteuners (Foto: Pacific Coast News)

Seismoloë in Mexiko Stad het bevestig dat sokkerondersteuners letterlik ʼn “natuurkrag” is.

Twee seismiese sensors in Mexiko se hoofstad het Sondag omstreeks 10:35 plaaslike tyd klein aardbewing-bewegings geregistreer nadat die land se nasionale sokkerspan ʼn doel aangeteken het teen Duitsland tydens ʼn wêreldbekerwedstryd, berig die New York Times.

Die Instituut van Geologiese en Atmosferiese Ondersoeke in Mexiko het op Twitter bevestig die aardbewing is “kunsmatig geskep” en moontlik “as gevolg van ʼn groot groep mense wat gespring het” ter viering van Mexiko se doel. Die span het met 1-0 teen Duitsland, die verdedigende kampioene, gewen.

Die skare se gespringery het nie enige tektoniese plate geskuif nie. Hierdie tipe bewing, wat as ʼn “kunsmatige” of “mensgemaakte aardbewing” bekend staan, sou waarskynlik nie deur enigiemand in Mexiko gevoel word nie. Dit het wel ʼn groot genoeg bewing veroorsaak om oop die seismiese instrumente te registreer, aldus die instituut.

Dit is egter nie die eerste keer dat ondersteuners ʼn aardbewing veroorsaak nie. Die grootste voorval nog was in 2011 toe Seattle se Seahawks-voetbalondersteuners só driftig reageer het tydens ʼn wedstryd dat die aktiwiteit as ʼn aardbewing van 2.0 geregistreer het.

Bron: LiveScience

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KLEINTJIE ·

GAAN DIE SPRINGERY MET DIE GETOI TOI OOK HIER TOT AARDBEWINGS LEI

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.