Gevaarlikste rekenaar vir miljoene as ‘kuns’ verkoop

The Persistence of Chaos (Foto: Deep Instinct)

Een van die vreemdste kunsprojekte in onlangse geskiedenis is ʼn rekenaar wat vir byna R20 miljoen op ʼn veiling in die Verenigde Koninkryk verkoop is.

Die “Persistence of Chaos” is doelbewus met ses van die mees berugte virusse besmet is en is vir $1,345 miljoen verkoop. Die projek was ʼn gesamentlike poging deur die kunstenaar Guo O Dong en die internetveiligheidsmaatskappy Deep Instinct. Guo beskryf die projek as ʼn “bestiarium” met ʼn katalogus van sommige van die gevaarlikste bedreigings van die internetera.

Hy het al die virusse in ʼn 11 jaar oue rekenaar (ʼn 10.2” Samsung NC10-14GB) geïnstalleer “want dit is lekkerder om die monsters in ʼn lewendige omgewing te sien”. Die ses virusse het gesamentlik ongeveer $95 miljard se skade aangerig toe dit versprei is. Dit sluit die ILOUVEYOU-virus in, ʼn rekenaarvirus uit 2000 wat as ʼn “liefdesbrief” per e-pos versprei is; en WannaCry, ʼn aanval wat in 2017 rekenaars in hospitale en fabrieke buite werking gelaat is en waarvoor Noord-Korea beskuldig is. Ander virusse op die rekenaar is MyDoom, SoBig, DarkTequila en BlackEnergy.

Sekere voorsorgmaatreëls is getref om seker te maak dat die rekenaar geïsoleer word van ander netwerke en dat dit nie die infeksie sal versprei nie. Volgens die bepalings en voorwaardes ontvang die koper die rekenaar “as ʼn kunswerk vir akademiese redes”, omdat dit andersins onwettig sou wees om skadelike sagteware te verkoop.

Internetveiligheidskenners het geskerts dat iemand, in plaas daarvan om miljoene te betaal, net ʼn rekenaar ʼn paar dae lank aan die internet moet verbind sonder enige sekuriteit.

Guo O Dong is ʼn kontemporêre internetkunstenaar en sy werk lewer kritiek op die moderne aanlyn kultuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willem van der Merwe ·

Hoekom so duur betaal vir een? Besoek net die internet sonder n virus beskermer vir ń paar uur en jy het een vir die prys van n tweedehandse rekenaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.