Gevangenes ontsnap… met grondboontjiebotter!

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Twaalf gevangenes het uit ʼn tronk in Alabama, Amerika, ontsnap deur ʼn onervare tronkbewaarder met ʼn slim grondboontjiebotterplan te flous.

Die groep het Sondag die grondboontjiebotter van hul toebroodjies gebruik en die nommer op hul seldeur in die tronk verander na dieselfde nommer op ʼn deur wat na buite lei.

Hulle het daarna die nuwe lid van die personeel, wat gevangenes op kringtelevisie dophou, oorreed om die deur oop te maak.

“Die deur het na buite gelei. Die beampte was nie bewus daarvan dat hy die verkeerde deur oopmaak nie,” het sheriff James Underwood gesê.

Die groep het daarna ʼn kombers oor ʼn doringdraadheining gegooi en gevlug.

Elf van die gevangenes is binne agt ure ná die ongelooflike ontsnappingspoging aangekeer en die twaalfde man, Brady Kilpatrick (24), is Dinsdag in Florida in hegtenis geneem. Kilpatrick is in aanhouding in verband met dwelmverwante oortredings. Hy was die enigste een wat uit Alabama kon vlug.

“Ons het bose mense hier,” het Underwood bygevoeg. “Hulle maak die heeltyd plannetjies om ons en ons personeel hier by die gevangenis om die bos te lei. Mens moet op jou tone bly. Hierdie keer het ons ʼn fout gemaak. Ek gaan nie verskonings maak nie. Dit was ʼn menslike fout.”

Hy het gesê dit klink “mal” om die nommers op die deure met grondboontjiebotter te verander, “maar hierdie mense is so mal soos hase”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

B-man ·

So ‘n bek moet jêm kry. Hier by ons is beskuldigdes in aanhouding se broodjies aan albei kant gebotter. Hulle kan veel makliker ontsnap, maar kies om in aanhouding te bly, want dan kan hulle ‘n paar “dansers” heuning om die mond smeer.

C-MAN ·

Hier is dit lekkerder in die tronk as buite , jy kry kos , klere , bly plek en unie versiteits op leiding verniet en strip dancers wat deur die staat betaal word , en as jy genoeg geld met drugs gemaak het , kan jy n naweek pas koop .

Lithop ·

Watse nonsens praat jy? Te lekker in die tronk. Jy gaan gerape word, aangerand word, jy gaan verneder word en jy gaan in die mees haglikste omstandighede moet probeer oorleef. Jy gaan koud slaap en as jy nie geld het nie gaan jy baie baie swaar kry. Kry jou feite agtermekaar.

Sloane ·

C-MAN Jy ly definitief aan een of ander elisie. Droom maar lekker voort my ou maat.

C-MAN ·

So wat wil jy meer he ? dokters , dstv alles is verniet . jy word ook op gepas om toe te sien dat jy lekker slap ook . Nou vra ek , hoekom wil jy buite gaan werk en sukkel en beroof word ?

Pik ·

As jy in SA gese het mense is mal soos hase was jy agter tralies eerste sou hulle wou weet of jy van wit of swart haas praat dan sou die dbv wou weet of dit n regte haas is waarvan jy praat verder gaan niemand jou glo dan moet n ondersoek span van 40 kyk of al die hase regtig ok is as dit verby is kry jy n boete van die mrk af want jy noem mense hase so wees bly jy is in jou land hier sou hulle lankal die dorp en tronk afgebrand het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.