Gewildste advertensies vir 2013

Ses van die gewildste advertensies die afgelope jaar.

1. Lego
ʼn Pa en seun bou allerhande dinge met Lego-blokkies. Die advertensie handel veral oor gesinsherinneringe.

2. Skype
Twee swanger ma’s, een in Amerika en een in Nieu-Seeland se gedeelde kommer oor hul babas met net een arm gebore word, lei tot ʼn spesiale vriendskap tussen die twee dogters. Dié advertensie is al meer as 2.2 miljoen keer op YouTube gekyk.

3. Google Maps
Toe Saroo Brierley vyf jaar oud was, is hy van sy familie geskei en hy het in ʼn weeshuis in Indië beland. ʼn Familie van Australië het hom aangeneem en 25 jaar later gebruik hy Google Earth om sy familie in Indië op te spoor.

4. Extra-kougom
Dié aangrypende advertensie is die lewensverhaal van ʼn liefdevolle pa en sy dogter van kleutertjie tot volwasse vrou.

http://youtu.be/dxZu-6jewL4

5. Guinness
‘n Paar vriende speel rolstoel-basketbal en die advertensie is ‘n toonbeeld van die kern van ware vriendskap.

6. Telekommunikasiemaatskappy TrueMoveH
Dié aangrypende advertensie vir die telekommunikasiemaatskappy TrueMoveH in Thailand moedig verdraagsaamheid aan. Dit is die verhaal van ʼn goedhartige restaurateur en een goeie daad wat uiteindelik sy lewe red. Die video is al meer as 14.7 miljoen keer op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louise ·

Dit is fantastiese advertensies. Ek wens ons sin hier in SA het iets beteken, ons sin is net stupet

AmY ·

Ek stem Louise. Al ons advertensies skree en dit gaan oor drank en oor selfone. En die ander helfte skree ten hemele. Dis so erg, dat ons die tv se ‘mute-knoppie’ druk sodra daar ‘n advertensie kom. Ons steur ons glad nie aan die jillende en gillende advertensies op SA-tv nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.