Gewildste Kersfees-advertensies vir 2016

Skermskoot uit die Allegro-advertensie

Skermskoot uit die Allegro-advertensie

Maatskappye en handelsmerke doen jaarliks baie moeite om seker te maak dat hul Kersfees-advertensies die beste en gewildste is. Wêreldwyd word dié advertensies op YouTube en sosialemediakanale gekyk, al is die produk nie noodwendig in al die verskillende lande beskikbaar nie.

Een van die advertensies wat vanjaar groot aftrek gekry het, is die John Lewis-kettingwinkel advertensie van ʼn bokserhond wat met verlange na ʼn trampolien sit en kyk. Dié advertensie is deur meer as 24 miljoen mense op YouTube gekyk. Die Britse maatskappy het ook vanjaar met die Wildlife Trust saamgespan.

Kort op sy hakke is Sainsbury’s, ook ʼn kettingwinkelgroep in die Verenigde Koninkryk. Sainsbury’s se “Greatest gift”-advertensie is ʼn tekenprent met die komediant James Corden wat sing oor die grootste geskenk. Dié advertensie is byna 17 miljoen keer gekyk.

In die derde plek is Allegro, ʼn aanlyn-veilingwebwerf gebaseer in Pole. In dié prettige advertensie probeer ʼn ouerige man Engels aanleer, en dit is eers heel aan die einde van die advertensie duidelik waarom hy soveel moeite wou doen. Let wel: die f-woord word twee keer in die advertensie gebruik (een keer slegs in die agtergrond wanneer die man televisie kyk en ʼn tweede keer wanneer hy die TV-toneel in die bad herhaal). Sensitiewe kykers moet dus ongelukkig eerder hierdie advertensie vermy. Meer as 13 miljoen mense het al die advertensie op YouTube gekyk.

Wes Anderson behartig die regie vir die klerewinkel, H&M, se Kersfeesadvertensie waarin Adrien Brody die hoofrol speel. ʼn Groep passasiers is oor Kersfees vasgevang op ʼn trein, en die kondukteur moet vinnig ingryp. Dié advertensie is meer as 9 miljoen keer gekyk.

Die gewilde Marks & Spencer se Kersfeesadvertensie verklap vanjaar Mev. Sinterklaas se geheim. Die advertensie is deur byna 8 miljoen mense op YouTube gekyk.

Hiermee die advertensies, in volgorde:

https://youtu.be/sr6lr_VRsEo


https://youtu.be/VDinoNRC49c

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.