Gholftoernooi oor vark opgeskort

Argieffoto (Foto: Pixabay)

ʼn Vark wat vermoedelik van ʼn slagter se mes wou vlug, het veroorsaak dat ʼn gholftoernooi opgeskort moes word.

Die 250 kg vark het oor die kantversperring van ʼn vragmotor naby Marburg in Frankfurt, Duitsland gespring, het die polisie gesê. Gholfspelers moes noodgedwonge ophou speel toe die dier Donderdag skielik oor die gholfbaan gehardloop het.

Die 20 gholfspelers het besluit om hul toernooi op te skort toe hulle besef die jaagtog vind reg in die middel van hul spel plaas.

“Hulle was besorg dat die vark hulle sou aanval,” het ʼn woordvoerder van die polisie gesê en bygevoeg dat 250 kg nie ʼn gewig is wat mens moet onderskat nie.

Dit blyk of die vark se “ontsnappingspoging” suksesvol was – daar was nog nie weer enige teken van hom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.