Giftige boeke in biblioteek gevind

(Foto: Syddansk Universitet)

Wetenskaplikes het bevind drie seldsame boeke, uit die 16de en 17de eeu, in ʼn biblioteek by Syddansk Universitet, ʼn universiteit in die suide van Denemarke, is bedek met ʼn dodelike gif.

Die vonds herinner aan die boek en fliek The Name of the Rose waar ʼn groep monnike in ʼn 14de eeuse klooster sterf weens giftige bladsye in ʼn verbode manuskrip.

ʼn X-straal-analise van die boek wys ʼn groot hoeveelheid arseen op die omslae van die boeke.

Kenners aan die universiteit het dele van manuskripte uit die Middeleeue bestudeer om te bepaal hoe die boeke gebind is. Terwyl hulle die Latynse teks probeer identifiseer het, het die navorsers bevind dis moeilik om te lees, as gevolg van ʼn groen dik laag verf oor die letters.

Die groen verf is ondersoek en daar is bevind dat dit arseen is – een van die giftigste stowwe in die wêreld. Dit is waarskynlik op die boeke aangewend om dit teen insekte en rotte te beskerm. Die drie volumes word nou met ʼn waarskuwing in ʼn geventileerde kabinet gestoor. Die inhoud sal waarskynlik ook gedigitiseer word om hantering van die boeke te verminder.

Bron: The Independent, Fox News, Sky News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Nettie

Dankie vir jou boodskap.
“Digitiseer” en “digitaliseer” is wisselvorme en is albei in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls opgeteken.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.