Gʼn trane meer as jy uie sny!

(Foto: Trina Michelle/Facebook)

Uie voeg ʼn kenmerkende geur by verskeie disse, maar ai, die moles om uie te sny sonder om trane in jou oë te kry!

Daar was al talle wenke om die trane te keer: hou ʼn houtlepel in jou mond, dra ʼn duikbril, sny die ui onder water …

Een vrou reken sy het die beslissende antwoord vir kokke wêreldwyd.

Trina Michelle het in ʼn plasing op Facebook aangevoer ʼn nat papierhanddoek langs jou snyplank wanneer jy uie sny, is die antwoord. Volgens haar sal die chemikalieë in die ui dan in die nat papierhanddoek opgeneem word, eerder as om in jou oë te beland.

“Het jy geweet? Die rede hoekom jy ‘huil’ wanneer jy uie sny, is dat die chemikalieë in die ui aangetrek word deur die naaste bron van water (gewoonlik jou oë). As jy ʼn nat papierhanddoek langs jou snyplank plaas, sal die chemikalieë daarin opgetrek word. Probeer dit gerus – dit werk regtig!”

Die vrou se plasing het gemengde reaksie uitgelok, maar baie mense sê die wenk het hulle reeds gehelp om seker te maak dat hulle nie tranerig raak wanneer hulle uie sny nie.

Die Naked Scientists het verduidelik dat die ensieme in uie ook onder andere in knoffel en grasuie voorkom. Dit stel sulfeensuur vry wat op sy beurt ʼn chemikalieë vrystel wat jou oë irriteer. Wanneer jou oë geïrriteer word, reageer dit asof daar ʼn vreemde voorwerp in jou oë is, en die manier om daarvan ontslae te raak, is om trane te vorm en dit uit te spoel. Mense met kontaklense het dalk al ontdek dat hulle oë nie tranerig raak wanneer hulle uie sny nie. Dit is omdat die kontaklens verhoed dat die chemikalieë in kontak kom met die senuwee. Klik hier om meer te lees.

Fun Fact Friday????????????????????Wow! ????????Did you know the reason you ‘cry’ when you chop onions, is that the chemical in the onion…

Posted by Trina Michelle on Friday, May 14, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
AmY

Gaan dit probeer. Baie dankie.

Johan

Ek hou my uie in die yskas. ñ Koue ui veroorsaak regtig minder trane. Vermy ook n mes met ñ getande mes.

May10

Bly weg van die “wortel” op die ui. Dit werk ook. Moenie in hom in sny nie.

piet

As jy die ui onder water sny, sal dit definitief werk. Selfs as jy die heel ui na die skil af is net was onder die kraan, verminder jy reeds die kanse dat jou oe gaan brand. Maar ek sal die raat ook probeer, sommer ‘n nat stuk toiletpapier gebruik. Die ding is, jy gaan nie sproeisels keer wat spat wanneer jy die ui sny nie so ek moet se ek is redelik skepties dat hierdie raat voldoende gaan werk.

amaroelamedia

So by my kool.