‘Goedkoop’ prinses Diana-rok nou vir miljoene onder die hamer

Die rok wat op ‘n veiling verkoop sal word

ʼn Rok wat prinses Diana in 1986 tydens ʼn koninklike besoek aan Bahrain gedra het, kan vir meer as £100 000 (ongeveer R1,7 miljoen) op ʼn veiling verkoop word.

Die rok is twee dekades gelede aan ʼn tweedehandsewinkel geskenk en ʼn vrou het dit destyds vir £200 gekoop.

Diana het dié ivoorkleurige syrok van David Emanuel tydens haar toer saam met prins Charles gedra. Die huishoudster van die Mynde Park Estate in Herefordshire, ʼn landgoed waar prinses Diana gereeld besoek afgelê het, het die rok later aan ʼn tweedehandsewinkel geskenk.

Iemand wat deeltyds by die winkel gewerk het, het die rok in 1994 vir slegs £200 gekoop. Sy wou aanvanklik die rok na ʼn bal toe gedra het, maar het dit nooit gedra nie. Eers toe sy na ʼn dokumentêr gekyk het met beeldmateriaal van prinses Diana se besoek aan Bahrein, het sy besef hoeveel die rok werd kan wees.

Die rok word op 10 Desember deur Kerry Taylor-afslaers in Bermondsey in die suide van Londen opgeveil. Die rok sal waarskynlik vir tussen £60 000 en £100 000 verkoop word.

Taylor het in ʼn onderhoud gesê dit is ongewoon dat só ʼn belangrike rok van ʼn tweedehandsewinkel af kom, want die rokke wat prinses Diana gewoonlik aan tweedehandsewinkels geskenk het, was gewoonlik dagdrag.

Ontwerper Elizabeth Emanuel, vrou en vennoot van David Emanuel, het bevestig die rok is enig in sy soort.

Prinses Diana se rok wat op ‘n veiling verkoop sal word Foto: Kerry Taylor-afslaers

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elsa ·

Tot dag drag van Lady Diana moes n paar rand werd wees. Laat staan so n uitnemende pragstuk.

leser ·

al kom daar stories na haar dood uit wat nie goed is nie, bly prinses diana, ‘n prinses, pragtig, charles jy het ‘n juweelstuk deur jou agterent getrek

Oeps! ·

Maroela span, kyk asb weer na die sin wat begin met “Die rok word op 10 Desember deur in …….?” Julle het die afslaer se naam uitgelos.

Sune van Heerden ·

Dagsê

Ons vra groot om verskoning! Daar het inderdaad ‘n paar woorde verdwyn.
Die berig is gewysig, dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Diefie ·

Ek het ook ‘n rok wat ek wil verkoop! Wie sal my R 20 betaal vir die rok?
Mense is mal om oor tweedehanse goed van bekende mense so te kere te gaan en geld te mors. Eish duidelik hulle het te veel geld.

sus ·

Kon haar altyd deur ‘n ring trek, pragtige mens wat verwoes is deur ou bak ore en sy family.
Ek sê nog die ou queen Lizzie het iets met haar dood te doen gehad …

VanAfrika ·

Sy het klas gehad, nie enige van die royals of enige van haar twee skoondogters kan dit top nie. Sy kon n “entrance” maak en Charles was jaloers daarop.

Annelize ·

Sy bly darem maar ‘n pragtige vrou. Ek dink sy sou ‘n wonderlike Ouma gewees het vir haar kleinkinders, sy sou Ouma-Bederf gewees het.

Abe ·

Jammer dat die kleur van die rok op die “tailor’s dummy” heeltemal verkeerd is. Die regte kleur van die rok is nader aan “ivoor” soos op die foto waar Diana die rok dra. (Terloops, die spesifieke rok was glad nie so “goedkoop” as wat mense/joernaliste later beweer het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.