Google-baas reageer op 7-jarige se aansoekbrief

Chloe Bridgewater en haar pa.  Foto: Boredpanda

Chloe Bridgewater en haar pa.
Foto: Boredpanda

“Beste Google-baas. My naam is Chloe en eendag as ek groot is, wil ek by Google werk.” Só het die sewejarige Chloe Bridgewater van Engeland geskryf in ʼn handgeskrewe brief aan Google se uitvoerende hoof, Sundar Pichai.

Pichai het intussen met ʼn amptelike Google-briefhoof geantwoord.

In haar brief vertel sy dat sy graag by Google wil werk. “My pa het vir my gesê as ek vir Google wil werk, moet ek vir julle ʼn aansoekbrief stuur.” Sy skryf ook dat sy daarvan hou om ʼn robotspeletjie op haar tablet te speel en wanneer sy ouer is, gaan haar pa dalk vir haar ʼn rekenaar koop. Sy sal ook by die Olimpiese Spele wil swem of by ʼn sjokoladefabriek wil werk. “Ek het nog net een keer ʼn ander brief geskryf en dit was vir Kersvader.”

Die verbasing was groot toe hulle ʼn antwoord ontvang van Pichai. “Beste Chloe, dankie vir jou brief. Ek is bly jy hou van rekenaars en robotte en ek hoop jy sal aanhou leer oor tegnologie. Ek dink as jy aanhou om hard te werk en jou drome volg, dan kan jy enigiets bereik wat jy wil.” Hy skryf dat hy daarna uitsien om eendag haar werksaansoek te ontvang.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

A ·

Dis nogals spesiaal dat hy die brief geantwoord het. Ek wens almal wil weer bietjie menslikheid openbaar veral teen kinders en diere.

Anie ·

Dalk moet ons kans waag om hom te vra dat hy daaglikse foto’s en artikels plaas sodat wêreldwyd kan sien hoe ons uitgemoor word!

Louis C Prinsloo ·

Nellie* ons kan oplossings bedink en deurgee dat “Google-baas” die opbouende en spanbou gees van SA kan raaksien, dat die wêreld kan sien waaraan die land se gemeenskap dink om oplossings van saam te stel en so ook moontlik die politieke stelsel in SA kan herskryf en saamstel; slegs met mense/partye/besighede met elke mens se gesondheid in ag neem.
Wat steeds bron van wet behou en gemeenskappe opbou en bevorder.

gerda ·

Anie – sal jy dit doen?!!!
Ek sal so so trots wees op jou!!!

Jacques ·

Ek is baie jammer en slag my maar hiervoor, die werêld daar buite gee nie om wat hier in SA gebeer nie. Mense is te besig met hulle eie lewens in hulle gesluite boksies. Ek voel persoonlik ons voorouers wat ons nasie hier aan gebring het moet kom help dit is hulle skuld dat ons vandag hier sit en met al die woede van ras moet deel. Ek se mos elke dag as ek nooit geweet het hoe lekker SA was nie sou ek die moeite gedoen het om hier te kom bly? Daar is net een manier hoe die moord op wit mense gaan stop en dit is dat ons moet ophou praat en doen, eggter het ek nou al met my eie oë gesien “when push comes to shove” dan kruip almal weg , ons het nodig dat elke Suid Afrikaner wat teen moord staan in optog moet kom en ons moet aanhou druk tot die doodstraf terug kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.