Google Maps-gebruiker verstom oor kind in asblik

Skermgreep uit die video wat @TheGoogleEarthGuy op TikTok gedeel het

ʼn Google Maps-gebruiker was verstom toe hy op ʼn park ingezoem en gesien het ʼn kind sit vas in ʼn asblik.

Kykers is verward oor die video wat op TikTok gedeel is wat wys hoe ʼn kind se kop by ʼn asblik uitsteek – en daar is geen leidrade hoe hy in dié penarie beland het nie.

Die TikTok-gebruiker genaamd @thegoogleearthguy het al 1,1 miljoen volgelinge op sy profiel waar hy video’s deel van die vreemde dinge wat hy al deur Google Maps opgespoor het – van aktiewe vulkane tot ʼn enorme rubber-eendjie.

Selfs hy was verward toe hy in Parc de Valency, Lausanne, Switserland, sien hoe ʼn kind se kop by die asblik uitsteek.

“Ek het so baie vrae oor hoe hy daar gekom het,” lui die byskrif by die video.

“Hoe op aarde?!” wil een kyker weet.

Talle kykers het grappige teorieë oor hoe die kind in die asblik beland het. “Wegkruipertjie!” raai die een. “Hy het waarskynlik nie skottelgoed gewas nie en sy ma is op soek na hom,” raai ʼn ander.

Dit wil voorkom of Google Maps intussen die foto verder gemanipuleer het om seker te maak die kind se gesig is nie herkenbaar nie

 

@thegoogleearthguy

please click the link in my bio and subscribe to my youtube ???????? #thegoogleearthguy

♬ original sound – Thegoogleearthguy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Ek het nie eens geweet mens kan so naby inzoom nie. Ek het al probeer, en kon net die kar effens gesien het. Nee, wag. Dis seker Google Earth waaraan ek dink.

Frank ·

Dit sê sommer baie van Switzerland se publieke asblikke!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.