‘n Werknemer van Google se dogtertjie het ‘n brief aan haar pa se werkgewer geskryf en hulle gevra om vir hom ‘n dag se verlof te gee vir sy verjaardag.
Katie se brief lees:
Haar brief lui:
Geagte Google Werker,
Kan jy asseblief seker maak dat wanneer pappa gaan werk, hy ‘n dag af kry. Soos hy kan Woensdag ‘n dag af kry. Omdat pappa net op ‘n Saterdag ‘n dag af kry.
Van, Katie
P.S. Dit is pappa se verjaardag
P.P.S. Dit is die somer, jy weet
En Google het geantwoord:
Geagte Katie,
Dankie vir jou deurdagte nota en versoek.
Jou pa werk hard om mooi en heerlike dinge vir Google en miljoene mense regoor die wêreld te ontwerp.
Vir die geleentheid van sy verjaarsdag, en in erkenning van die belangrikheid daarvan om ‘n paar Woensdae af te neem tydens die somer, gee ons vir hom die hele eerste week van Julie as vakansietyd.
Geniet dit!
Daniel Shiplacoff
‘n Woordvoerder van Google het bevestig dat die briewe eg is.
Ah dis te oulik. Kinders kan alles verander omdat hulle so opreg is. Ek hoop sy geniet haar vakansie saam met haar pa.