As jy aan graffiti dink, dink jy dalk aan jong kinders wat besig is met kattekwaad. In sekere lande is dié kunsvorm onwettig, maar in ander lande word dit nie net aangemoedig nie, maar ook gebruik vir die opheffing van gemeenskappe.
ʼn Goeie voorbeeld van so ʼn projek is die Lata 65 projek in Lissabon, Portugal. Dié organisasie bied kreatiewe werkwinkels vir bejaardes aan om hulle bloot te stel aan graffiti as ʼn kunsvorm. Die doel van hierdie projek is om stereotipes af te breek wat bejaardes in sekere boksies plaas.
Die Lata 65 is vreeslik gewild onder bejaardes omdat dit nie net ʼn geleentheid skep om kreatief en aktief te wees nie, maar ook bydra tot die gemeenskap. Die graffiti word in afgetakelde areas gedoen sodat daar nuwe kleur en lewe aan dié dele van die stad gegee kan word.
Lees die volledige storie hier.
Lissabon in Afrikaans, of Lisboa in Portugees, maar Lisbon in ‘n Afrikaanse artikel is ongepas.
Dagsê Paul
Ons vra om verskoning vir die fout wat ingesluip het. Die berig is gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media