Soorte resepte:

Granaat-truuk het internet gaande

Skermgreep uit die video

ʼn Video waar ʼn man wys hoe om ʼn granaat te sny, het gebruikers op sosiale media gaande.

Meer as 3 miljoen mense het reeds die video op Twitter gekyk wat deur die gebruiker @engineeringvids gedeel is.

Enigiemand wat al ʼn granaat probeer sny het, sal kan getuig dat dit soms ʼn morsige affêre is om al die pitjies bymekaar te hou. In dié video blyk dit dat daar ʼn baie eenvoudige manier is om ʼn granaat te geniet.

Die persoon gebruik ʼn skerp mes om die boonste deel van die granaat af te sny sodat jy presies kan sien waar die granaat se nate is.

How to effectively slice a pomegranate

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Zettie ·

Wow…….wens ek het dit geweet toe ek as kind granate geëet het. Soveel makliker!

En nou? ·

Ja, nee, vat nou maar my ouma van 90 jaar wat moes leer eet het met een tand!

Nettie ·

@Mb – en om te dink in my tuin, aan die 5 of 6 bome wat ons het, hang die goed net, tot dit afval en die voëls dit leegpik.

OumaLien ·

Ons PnP verkoop granate. R49.99 elk. Bietjie taai vir my sak

ELIZABETH AVENANT ·

Mb, jy kan op ‘n lemoen oefen. Ek sny my lemoene so oop. Baie vinnig en maklik en geen gemors nie. Dit werk regtig baie lekker so. Prolbeer dit. Ek sny net die bokant EN die onderkant vd lemoen oop.

Groetnis!

Willem ·

Dit is nie ‘n nuwe truuk nie. Ek is in my laat 60’s en my oupa en ook my pa het dit vir my geleer toe ek ‘n kannatjie van 6/7 jaar oud was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.