Grappies loop steeds oor PE se nuwe naam

Suid-Afrikaners deel steeds grappies ná Port Elizabeth se naam verlede week amptelik na Gqeberha verander is.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het die naamveranderings van stede, dorpe en lughawens in die Oos-Kaap in die Staatskoerant aangekondig. Uitenhage heet nou Kariega, King William’s Town word Qonce, Maclear word Nqanqarhu en Berlin word Ntabozuko. Die Port Elizabeth-lughawe se naam verander na die Hoofman Dawid Stuurman-lughawe en die Oos-Londen-lughawe verander na die Koning Phalo-lughawe.

 

The Kiffness het egter ‘n liedjie gedeel om Suid-Afrikaners te leer hoe om Gqeberha uit te spreek:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Androclus ·

Hy”t nie werk nie,nou doen hulle sulke snaakse goed,maar PE sal Port- Elizabeth bly

Niklaas ·

Dis alweer onse ou Nathi , wat mense de duiwel in wil maak, met sy vreemde besluite.

Stof ·

Ek hou maar by CB dan verstaan my medewerkers die roetebeskrywing.
Tog wonder ek, het die groot hoeveelheid gqevoëls wat nog al die jare so ruim in Happy Valey voorkom, iets daarmee te doen?

quartus ·

ek dink sy bril is n bietjie klein vir hom, so dit verhoed dat die bloed behoorlik na sy kop gaan, vandaar sy “interessante ” besluite

Jack ·

Ons moet net weier om die nuwe naam te gebruik. Hierdie naamsverandering is eitlik ‘n teken van totale ineenstorting van institusionele kapasiteit van die ANC. Hulle kan niks reg doen nie, maak ‘n gemors van alles waar hulle aan raak. Nou verander hulle ‘n paar name en dan lyk dit of hulle weer die kolonialiste en apartheidsbroeders ore aangesit het. Via die ANC (glad nie).

Eend Bessinger ·

Ek ken die plekke (en ander wat ‘n naamsverandering gehad het), onder hul ou name. En vir my sal die ou name bly staan.

Corne123 ·

PE was altyd die windstand van SA
Nou PE die onuitspreekbare stadsnaam

Adrie ·

Ek het n klomp Xhosa mense wat saam my werk hier in PE gevra wat die naam beteken, almal het gesê hulle het geen idee nie

Leana ·

Hulle verander net elke keer name as dit naby verkiesingstyd is.

sopbeen ·

Gebruik steeds ou name bv Witbank, Potgietersrus, ens
Slegs Bela-Bela het voet gevind. Omdat dit mooi is en uitgespreuk kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.