Gratis eilandvakansie vir “liefdevolste persoon”

Hawaii. Foto: Facebook

Hawaii. Foto: Facebook

ʼn Paartjie van Alberta, Kanada is op soek na hul provinsie se “liefdevolste persoon” om hom of haar en ʼn metgesel op ʼn gratis vakansie na Hawaii te stuur.

CTV News berig dat Cody en Eva Borek die gratis vakansie ontvang het nadat hulle ʼn motor gekoop het by ‘n plaaslike motorhandelaar. Die paartjie het egter besluit om die vakansie vir iemand te gee “wat ander mense se harte warm maak”.

Die Boreks het ʼn Facebook-blad opgestel waar inwoners van Alberta mense kan nomineer om ʼn kans te staan om die vakansie te wen. Die vakansie sluit gratis vyfster-verblyf, retoer vliegkaartjies en sekere maaltye in.

Die egpaar sal op 25 Januarie die wenner kies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.