Groot boerpot, en toe begin alles skeefloop

Argieffoto (Foto: Hermann, Pixabay)

Daar is gedurig stories oor teenspoed wat mense tref net nadat hulle ʼn groot boerpot gewen het.

Een van dié mans is Jim Hayes. Dié 35-jarige man van Kalifornië in die VSA het in 1998 as ʼn veiligheidswag gewerk toe hy $19 miljoen in die Quick Pick-lotery gewen het, berig die Daily Beast. Ná die belastingbetaler se aftrekking, het hy besluit om die geld in jaarlikse paaiemente van $684 000 oor 20 jaar te ontvang. “Ek weet ek sal verander, maar dit sal slegs beter wees,” het hy aan die Los Angeles Times gesê een dag ná hy die boerpot gewen het.

Twintig jaar later was Hayes egter ʼn platsak verslaafde wat in ʼn motorhuis gewoon het. Hy het in daardie stadium begin om banke te beroof om geld vir sy dwelmafhanklikheid te kry en hy het 11 banke van nagenoeg $40 000 beroof voor die FBI hom uiteindelik aangekeer het. En nou is hy agter tralies.

“Geld het my die kans gegee om al my wildste drome uit te leef,” vertel Hayes. “Maar daar is ʼn ander kant – die loteryvloek.” Hy het byna alles verkeerd gedoen sedert hy die boerpot gewen het. Hy het luukse motors gekoop, swak beleggings gemaak en ʼn uitspattige leefstyl gehad. Hy het geld vir ʼn ou vriend gegee. Hy het geskei. In 2004 moes hy ʼn rugoperasie ondergaan vir ʼn ou werksbesering en het daarna aan voorskrifpynmedikasie verslaaf geraak.

Drie jaar later het hy homself bankrot verklaar toe die staat begin het om sy loterybetalings terug te hou vir belastingdoeleindes en agterstallige onderhoudskuld.

In 2017 was hy dakloos en werkloos toe ʼn brand by die woonstelblok uitgebreek het waar hy gewoon en werk het. Hy het dieselfde jaar besluit om banke te beroof.

Hayes sal na verwagting in 2020 vrygelaat word en wil dan graag ʼn memoir publiseer: Lottery to Robbery.

Lees die volledige storie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Martiens ·

Dit wys jou net. Geld kan ‘n arm man kortstondig ryk maak, maar nie welvarend nie.

Net so min sal grond die voorheen benadeeldes welvarend maak. Hulle sal grondbesitters wees, maar sal steeds arm bly.

Johanna Botha ·

Easy come easy go ….tog SO waar ! Die kinders wat so ingestop word sal maar voor sien……

christa ·

WEL AS JY SO DOM IS IS DIT MAAR JOU PROBLEEM WANT AS JY SWAAR GEKRY HET EN JY IS BEVOOREG OM SULKE GELD TE WEN VOEL EK GAAN BELE JY DIT VAS BY N INSTANSIE EN VAN DAAR AF DOEN JY JOU DING.

Casper Labuschagne ·

Geld kan jou nie gelukkig maak nie. Maar sonder om die lotery te wen, moet ek eenvoudig die teenspoed aanvaar wat aan my uitgedeel word. Maar ten minste kan diegene met baie geld grootliks kies watter teenspoed hulle onder wil ly – en dit maak nogal ‘n verskil.

Alwyn ·

Indien ek so baie geld wen sal ek alles aanwend om n beter oudag vir die meeste transnet pensioenarisse deur middel van die howe te bekom.Daar word beweer dat 80% van die pensioenarisse in armmoede leef en sommige ontvang gawes vanuit die geledere van n ander bevolkingsgroep.Die stelsel asook die meer gegoedes het hierdie groep van die samelewing in die steek gelaat en ons nageslagte sal kan terugkyk na die verlore deel van ons beskawing en die wyse waarop mense in hul oudag deur staat en mede christen behandel is. Alles omtrent die sogenaamde skikking is in geheimhouding gehul en deur die saak uit die hof te hou waar dit na regte hoort verseker die staat dat dit uit die openbare domain bly. Honderde pensioenarisse het reeds gesterf en soos die tyd aanstap sal die tempo van dood net toeneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.