Groot debat toe vrou oor stortgewoonte gesels

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures/Pixabay)

ʼn Vrou het ʼn groot debat op sosiale media ontketen toe sy haar stortgewoonte gedeel het en gedink het dit is “normaal”.

Die gebruiker Alice wou op Twitter weet hoe persone stort ná sy die vraag begin vra het of die manier hoe sy stort “normaal” is of nie.

Dit is nie of sy verkies om in die oggend of aand te stort nie, maar of jy vir die stortkop kyk of met jou rug na die water toe staan wanneer jy stort.

Alice (@Backpainandwine) wou by haar volgelinge weet: “Help my om ʼn debat op te los. Dis normaal om met jou rug na die stort toe te staan, reg? Met ander woorde dat jy nie vir die water kyk nie?”

Haar vraag het ʼn hewige debat tot gevolg gehad met duisende gebruikers wat sê dit hang eerstens af of jy van plan is om jou hare te was of nie. “Dit hang af of ek hare was of nie. Indien ja, dan staan ek met my rug na die water. Andersins kyk ek vir die water,” het een geskryf. ʼn Ander persoon was egter verward: “Is dit enigsins moontlik om te stort en nié jou hare te was nie?”

Nog ʼn persoon het laat weet: “Almal kyk sekerlik weg van die water af, anders spat die water in jou gesig?”

ʼn Ander gebruiker het laat weet: “Ek hou nie daarvan om my gesig in die water te hê nie, behalwe wanneer ek ʼn slegte dag agter die rug het. Dan maak ek soos wat mens in die flieks sien, waar mens jou hande teen die muur staan en vorentoe leun sodat die water net oor jou kan spoel asof jy ʼn hele planeet opgeblaas het en tyd nodig het om daaroor na te dink.”

Verskeie persone het laat weet hulle doen albei. “Verwissel jy nie van posisie in die stort om die seep voor en agter af te spoel nie? Is dit net ek?” wou iemand weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Die Wolf ·

My opinie, kry vir jou nstortkop wat jy kan afhaak soos jy wil. Dit sal baie van party mense se probleme oplos.

Peter Pan ·

Hoekom is dit belangrik hoe mens stort? Dink daar is belangriker dinge waaroor ons nou moet bekommer eerder as hoe ‘n persoon stort. Ek kan verkeerd wees..

Meisie ·

Daar is belangriker goed ja, soms is dit net lekkerder om nie van geweld, misdaad en moord te lees nie..

Aikie ·

Laat my dink aan Gulliver’s Travels. Eet jy jou eier van die skerp kant of die stomp kant? Die punt is om jou nat te kry, seep te smeer en dit af te spoel. Dan draai ek skoon in die rondte.

hondbyt ·

Daar is 2 tiepe mense in dié wêreld as dit kom by stort, mense wat in die stort pp en bleddie leuenaars…

Chris ·

Daar is so iets soos stort etiket. Indien jy alleen stort is dit aan te bevole om eersten van jou klere ontslae te raak. As jy saam met iemand stort is dit wat Hondbyt meld taboe. As jy by sportklubs of waar daar klomp mense onder die storte staan baie raadsaam om “soap on a roap” saam te vat. As jy jou seep lat val dribbel jy dit uit.

Eend Bessinger ·

Wat maak dit saak? Party mense hou nie van water in hul gesigte nie. Ander het warm water nodig vir seer spiere. Dis elkeen se keuse.

Piet ·

Ek stort net wanneer ek my hare was, dis baie gerieflik. Andersins gebruik ek slegs ‘n liter water om myself silwerskoon met ‘n waslappie te was. Die droogte in die Kaap het goeie wasgewoontes laat aanleer.

Mieke ·

Ek stort met net een doel: om myself skoon te kry en basta met res!!

AH ·

Lekker om vir ‘n slag iets lighartigs te lees en te “debateer” Ek glo dis “each to his own”, solank jy dit geniet, en ja, mens kan stort sonder om jou hare nat te kry… Hou jou kop onder die stort uit! Persoonlik draai ek in die rondte in die stort. Was gesig en voorkant met water wat van voor af oor my spoel en agter met water wat van agter oor my spoel! Siedaar, vars en skoon rondom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.