Groot liefde tussen die winkelrakke

Die foto wat op "Love what matters" gedeel is

Die foto wat op “Love what matters” gedeel is

ʼn Foto van ʼn bejaarde man wat sy vrou help om die regte onderlaag te kies, het sosialemediagebruikers gaande.

Die Facebook-blad Love What Matters het die foto vroeër vandeesweek opgelaai en verduidelik die man het liefdevol sy vrou bygestaan toe sy gesukkel het om die regte onderlaag te kry.

Dit is glad nie ʼn groot gebaar nie, maar daar is ʼn belangrike les daaruit te leer. “Dit is so ʼn eenvoudige manier vir hom om sy liefde vir haar te bewys,” lui die plasing. “ʼn Perfekte herinnering dat ons liggame verouder, maar ons liefde hoef nie.”

Volgens die plasing het die vrou paniekerig geraak toe sy nie onderlaag kon kry wat by haar velkleur pas nie. Maar haar man het haar vinnig kom bemoedig. “Hy het haar laat rustig raak, gehelp om die regte kleur te kies en ʼn soen op die voorkop gegee.”

Die foto, wat deur Hannah Nicole Kent ingestuur is, het op Facebook meer as 1,2 miljoen “likes” gekry.

“This husband was helping his wife choose a make-up that matched her skin tone. She was so concerned about finding the…

Posted by Love What Matters on Wednesday, 17 February 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lief vir oupa ·

My oupa het my ouma so gehelp :)
Wanneer hulle vir die kleinkers klere gekoop het sou hy deur elke broek op die rak gegaan het tot hy die nr kry wat sy soek

Fransie ·

Is dit nou nie elke vrou se droom nie? Te dierbaar vir woorde en so pragtig en dierbaar. Gelukkige mense.

Toela Lambrechts ·

Maak mens se hart bly om te sien iewers is daar nog sulke mans

Alete Muller ·

My man het ‘n foto van al my velsorgprodukte en grimering op sy selfoon, ook by watter winkels in Kaapstad dit verkrygbaar is. Hy ry na twee verskillende winkelsentrums wat redelik ver uitmekaar is, om dit vir my te koop. Dit is vir my besonder spesiaal, veral omdat hy ‘n baie besige sakeman is.

Theresa B ·

Is dit nie sweet nie?! Dis mos hoe die liefde moet wees. Die ou-mensies weet van uithou en aanhou en liefde seevier. Ek bid hierdie 2 mensies nog baie gelukkige jare saam toe.

adri ·

Ek het so n man wat saam met my soek na die geskikte produk vir my vel. Toe ons seun trou het hy rondgery om die spesifieke skoene wat ek soek te kry. Is dit dan nou nie te sweet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.