Groot omstredenheid oor man sy vrou se van vat

Grant Phillips (Foto: Instagram)

ʼn Australiër het doodsdreigemente gekry nadat hy besluit het om sy vrou se van te vat ná hul troue.

Grant Phillips van Sydney in Australië het die aankondiging op Facebook gemaak om sy vriende te laat weet sy profiel is nie gekaap nie.

Internasionale media het egter oor sy besluit begin berig en talle neerhalende boodskappe het gevolg. Phillips is aangesê om homself dood te maak, ʼn ander het gehoop hy en sy vrou, Jade, sterf in ʼn ongeluk, en ander het selfs gehoop dat die egpaar nooit kinders sal hê nie.

Die egpaar sê hulle het nooit die naamsverandering as ʼn politieke stelling beskou nie. Jade was die laaste persoon in haar familie met dié van en die egpaar wou nie hê die van moet uitsterf nie.

“Om ʼn vrou se van te vat is vir een of ander rede ʼn groot storie,” het Phillips gesê. “Vir een of ander rede dink mense dit maak van jou minder man. Selfs na al my gesprekke en navorsing het ek nog steeds gewonder wat my pêlle daarvan sal dink. Maar toe het ek besef, dit maak nie saak wat ander mense dink nie. Dit gaan nie oor hulle nie, dit gaan oor ons. En as ek dit kan doen om haar gelukkig te maak, waarom sal ek dit nie doen nie?”

Die egpaar het in November getrou.

Wat dink jy hiervan? Laat weet ons in die kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Mariette Hammann ·

Dis ‘n persoonlike saak en om doodsdreigemente te maak daaroor, is heeltemal belaglik. Ek dink dis wonderlik van die man om dit te doen.

Lion ·

Go with the flow be happy on earth, pas net jou siel op vir die liewe Heer.

Jys ‘n cool ou! Wat sy vrou opreg lief het..
My ou is treurig verby!!!!! Gin bystand of liefde nie..Drink hom dood parraletic ou Tiens.

Elena ·

Ai mense darem, ek en my man is die 30ste Sept 2017 getroud. Hy’t ook my van gevat!!!! Eks die laaste generasie van my van en na my sou hy verseker uit gesterf het. My man het die keuse gemaak. Al probleem is, in Suid Afrika is dit nie so maklik soos mens dink nie. Dit word vir n tydperk van n jaar in die staat koerant of so gepubliseer. En eers daarna kan jy amptelik die man se van verander na sy vrou sin toe.

Uvonka ·

Ag so what, as hy haar van wil vat, so be it!! Mense kan regtigwaar kerm oor die onbenulligste goed! Dit is ‘n besluit wat hulle geneem het.

Edward Shawe ·

Nee regtig? Wanneer man en vrou voor God trou word hulle een. Die woord sê dat die vrou sal haar man aanhang, maar daar staan nêrens in die Bybel van vanne nie. Ek meen hulle is getroud en dit het hulle een gemaak. Die man moet sy vrou geweldig lief hê om haar van te vat. Ek respekteer sy besluit. Hy het mos nou nie misdaad gepleeg nie.

Richard ·

“Die man moet sy vrou geweldig lief hê om haar van te vat” Dit klink vir my maar patriargaal. So hy moet “liewer” vir sy vrou wees as “normaal” om haar van aan te neem? Wow sy is “geseën” deur so ‘n “man”…………

G ·

Richard, jy ontleed darem maar die mense se woorde! Die man het teen die ‘voorgeskrewe reëls’ gegaan, of tradisie oorboord gegooi om die vrou gelukkig te maak. Hy offer dus iets op. Hoe simpel die gebaar vir sommige mag wees, vir hom was dit dalk ‘n groot besluit, en dus weerspieël dit indirek ‘n bietjie liefde. ‘To each his own’. Jy bring dalk vir jou vrou/meisie/ma elke oggend koffie in die bed, dis jou gebaar van liefde aan haar. Die man op straat deel dalk sy kos met sy hondekind, dis sy gebaar van liefde aan sy vertroueling. Gaan eksperimenteer maar en kyk hoe die kleinste gebaar ‘n groot rippel-effek kan hê. Gaan pluk ‘n blommetjie in jou tuin en gaan gee dit vir iemand, al is dit ‘n vreemde oumensie, of ‘n klein dogtertjie.

Verstom ·

My presiese gevoel Edward. Daar is geen register of naam registrasie in God se plan vir enige mens nie. As my man my lange van wou aanneem toe ons getroud is sou hy ‘n veel langer handtekening gehad het. Mense hou hulle so besig met nietighede wat niks opbouend of waarde toevoeg nie. Ai tog “get a life”. (:

Eish ·

Ek sien niks fout daarmee nie. Die motivering vir afwyking van die tradisie is ook aanvaarbaar.
Dis n normale verhouding tussen mense van teenoorgestelde geslag.

Theresa B ·

Ag dit is nou belaglik! Hulle kan doen wat hulle wil. Almal wat nou gal braak daaroor moet asseblief ‘n stokperdjie kry want duidelik is julle verveeld.

Verseker ·

Ek sien regtig niks daarmee verkeerd. Inteendeel dink ek dis baie groot van hom om so-iets te wil doen want mans oor die algemeen is mos maar baie gesteld daarop dat die vrou sy van moet aanneem. Waarom word daar nie ‘n bohaai gemaak as vrouens nie hul van verander wanneer hulle getroud is nie. Daar is baie vrouens wat steed hul nooiensvan hou na die troue. Belaglik. Verstaan glad nie hoekom daar eers so ‘n bohaai gemaak word nie!!

Susan de Klerk ·

Wat as die paartjie eendag skei? Watter vrou by haar volle positiewe wil nommer een se van he? Moet hy dan weer sy van aanneem? Te grillerig na my smaak.

Basson ·

En die situasie waar mense vanne kombineer, bv VanderMerwe-Poggenpoel en dan trou daardie kind later met ‘n McMaster (wie se hy mag nie ook die van hou?)
Dan kry ons iemand soos bv Christine -Sannie Vandermerwe-Poggenpoel-McMaster??

Rhona ·

Doodsdreigemente??! Waarvoor? Wat is nou so sleg daaraan dat hy haar van aangeneem het? Dit getuig eerder van sy liefde vir haar. Sal self trots wees om só man in my lewe te hê. Hul is gelukkig getroud en dis al wat saakmaak.

Nee wragties, mense kan deesdae kla en kerm oor die simpelste dinge. Die wêreld is oorsensitief en “offended” oor als. Tyd om groot te word.

Susan de Klerk ·

Wanneer hierdie Oupa se kleinkinders gebore word en hulle het nie sy van nie dan kan julle weer saamgesels.

Chris ·

In Europa het die ou adelike families tot wel 5 vanne in dieselfde naam. Die laaste goewerneur van Nederlands-Indië het 3 vanne in sy van gehad, (1) Tjarda (2) van Starkenborgh (3) Stachouwer. Ook is meerdere aparte vanne moontlik, veral by adelike titels. Die Nederlandse koning het byvoorbeeld 41 aparte vanne. Hoewel die Nederlandse koning veral “der Nederlanden” of “van Oranje-Nassau” as vanne gebruik, gebruik hy van sy vanne om anoniem te bly.

In Nederland is dit wel verbode om ‘n gebruiklike van as voornaam te gebruik. ‘n Schalk Burger is dus verbode, aangesien Schalk ook ‘n gebruiklike van is.

JoeV ·

As Phillips nou die nuwe van is, dan was dit nie nodig nie, baie Phillipse. Indien dit nou iets uiters besonders was, Papenfus, Van Derm Erwe of iets dergliks was, dan was dit dalk nodig. Phillips, nie so nodig nie, daar is in elk geval daai Phillipsies wat daar langs die brug bly in Engeland.

Nakkie ·

Ag watse onsin vir mense om so bohaai te maak oor die man se keuse. In Spanje vat ‘n vrou nooit haar man se van nie, en die kinders het elkeen hul eie van. Mense is maar stiksienig

Posduif ·

Dis belaglik. Mens kan deesdae alles doen . Sterkte met julle troue

Wenner ·

Dis mos HULLE twee se besluit?? En as hulle HAAR van wil laat voortleef, dink ek dis n wonderlike besluit! En basta met die res!

Pop ·

Ek verstaan die bohaai glad nie. Lankal tyd dat mans vrouens se van vat as andersom.

Jeanette ·

Hoekom dan nou nie, ons vrouens gee maklik ons nooiens van op vir ons geliefde, hoekom dan nie hierdie liefdes gebaar nie. Mense is vieslik om sulke dinge kwyt te raak om die egpaar so te dreig.

R Burger ·

Dit bly in elk geval vir my n raaisel hoekom een party sy/haar van moét verander. As die man die vrou se van wil vat is dit mos hulle keuse. Waarom die bohaai?

Elize ·

Ek sien niks daarmee fout nie.
Dis wonderlik dat hy soveel vir haar omgee dat hy haar van wil aanneem.
En hy kan mos nou maarsy van terugneem sou dit gebeur dat hulle uitmekaar gaan, net soos wat baie vrouens ook maar doen as dit gebeur.

Penellope Jones ·

Hoe “vat” mens iemand anders se van? Mens neem mos ‘n van aan?

Nicky ·

My nooiensvan sterf ook uit sowel as my man se van. My enisgte broer is die enigste vandraer en hy het net twee dogtertjies, en my man is ook die enigste vandraer en ons het ook net twee dogters. Glo my, as en of skoonsus kon het ons weer probeer vir ‘n seuntjie, maar dit was nie vir ons bedoel nie. Ek dink dit is ongelooflik spesiaal wat hy vir haar gedoen het.

Sulet ·

Ek verstaan nie hoekom is mense so ontsteld nie – dis net ‘n van for crying out loud! Dink mense moet dit meer gereeld begin doen.

Anushka Maritz ·

Die man het my respek. Hy is n ware man want slegs n ware man sit sy vrou se belange so eerste. Baie geluk en alle voorspoed vir julle. Mag die Here julle seen…

alwyn burger ·

“What is in a name?. a Rose by any other name………”

Mike Kaapstad ·

Ek het my vrou se van gevat , gaan google bietjie jou naam en van dan sien jy hoeveel mense is daar met die selfde naam en van , is tog net n uitkenning verder niks…………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.