Groot opwinding wag by Vloot-fees

Foto: www.navy.mil.za

Besoekers aan die jaarlikse SA Vloot-fees in Simonstad is besig om hul vere reg te skud vir ʼn naweek propvol seevaart-aksie.

Die Suid-Afrikaanse vloot maak soos oudergewoonte weer van Vrydag tot Sondag hul deure oop vir die publiek by die oostelike skeepswerf. Besoekers kan vanjaar vir die eerste keer die nuwe korvette en duikbote besigtig.

Van die ander aksie om na uit te sien is plesierritte, ʼn vlooimark, verskeie aktiwiteite vir kinders en verskeie lewendige demonstrasies.

Toegang tot alle aktiwiteite is gratis. Die hekke maak daagliks om 10:00 oop en sluit teen 18:00.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.