Groot spyt oor dié tatoe

Ashley Burke met vakansie (Foto verskaf aan Khou TV)

Die tatoe was veronderstel om ʼn tydelike tatoe en ʼn grappige oomblik vir die gesin te wees, maar dit het nou ʼn permanente fout vir een vrou geword.

Ashley Burke was met vakansie in Mexiko saam met haar gesin toe drie van hulle Henna-tatoes gekry het. Ashley het groot letters oor haar bors laat skryf, “No Ragrets”, waar “regrets” (“berou, spyt”) doelbewus verkeerd gespel is, soos die toneel uit die fliek, We’re The Millers, waar ʼn karakter dieselfde tatoe gekry het, berig Khou TV.

Ashley het gedink dit sal tydelik ʼn grap wees, aangesien Henna-tatoes gewoonlik mettertyd verdof. Sy het egter ʼn reaksie gehad op die Henna, en die letters het nie verdwyn nie. Dis nou al ʼn week ná hul vakansie, en die letters is steeds donker oor haar bors geskryf.

“Henna is nie swart nie, dit was nog nooit swart nie. As iemand jou swart tydelike Henna-tatoes aanbied, kan dit langdurend wees. Beskerm jou gesin en doen navorsing oor alles,” het Ashley Woensdag gesê.

Die oord het intussen per e-pos om verskoning gevra en aangebied om enige mediese onkoste te dek wat sy dalk moet aangaan.

Ashley se gesinslede wat ook Henna-tatoes gekry het, se tatoes het ná ʼn paar dae verdof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Hennie ·

Tatoos is vir mense wie soek na ‘n identiteit. Dis verlore siele.

Sê maar net ·

Hennie, elke persoon het hulle eie mening oor tatoëring. So ook het elkeen die reg om vir hom/haarself te besluit om dit te laat doen of dan nie. Om te sê dat dit mense is wie soek na identiteit en wat verlore siele is, is nie waar nie. Party mense doen dit net vir die pret daarvan, ander om hulle hartseer en depressie se pyn oor te probeer sit in liggaamlike pyn en vir ander het elke tatoe ‘n betekenis. Niemand weet ooit wat die persoon se rede was nie. Respekteer hulle besluite asb, net soveel as wat hulle mense sonder ‘n tatoe respekteer. Lekker dag.

Ag asb ·

Jy is net jaloers omdat jy nie een het nie. Tattoo’s het beslis by elke mens wat dit het n betekenis! Hou op so judge mental wees.

Pieta ·

Meerderwaarigheid se moses. …”verlore siele..” Hbhahaaaaaaa!

Anoniem ·

Daar is maar net nie so iets soos ‘n mooi tatoe nie…! Elke een is lelik

Isabel ·

Gelukig het almal die vryheid van keuse en opinie ne……

Surinthea ·

Gelukkig hoef my tattoos niemand te pla nie , want dis juis myne! En elkeen het sy eie betekenis. Judge much ne!

Hahaha ·

Sakeman, ek kry jou jammer… Daai mensies wat vir jou werk steek meer weg as net hulle tattoo’s… Hoe weet ek? Want ek werk dalk vir jou! Hahahaha

Amy ·

Jy kon dit nie beter sê nie!

En so asof die persoon sonder ń Tattoo vir jou beter Diens gaan lewer as ń persoon met ń Tattoo.Jy kan nie ń persoon so beoordeel nie!
Ek kry jou jammer!

M ·

Om mense te oordeel oor n tattoo wat hulle moontlik het omdat hulle iemand in die lewe verloor het en dit op hulle liggame aangebring het.
N Tattoo maak nie van jou slegte mens nie en dit is nie dat jy n verlore siel is nie.
Ek het jare terug tattoo gehad klein en nie iets buitensporig nie en ek was nie ander mens nie.Oor die jare het hy weggegaan
Mense is baie vinnig om te oordeel voor hulle weet hoekom mense sekere dinge doen.

Joe ·

The Bible’s command that we not judge others does not mean we cannot show discernment. Immediately after Jesus says, “Do not judge,” He says, “Do not give dogs what is sacred; do not throw your pearls to pigs” (Matthew 7:6). A little later in the same sermon, He says, “Watch out for false prophets. . . . By their fruit you will recognize them” (verses 15–16). How are we to discern who are the “dogs” and “pigs” and “false prophets” unless we have the ability to make a judgment call on doctrines and deeds? Jesus is giving us permission to tell right from wrong.

Also, the Bible’s command that we not judge others does not mean all actions are equally moral or that truth is relative. The Bible clearly teaches that truth is objective, eternal, and inseparable from God’s character. Anything that contradicts the truth is a lie—but, of course, to call something a “lie” is to pass judgment. To call adultery or murder a sin is likewise to pass judgment—but it’s also to agree with God. When Jesus said not to judge others, He did not mean that no one can identify sin for what it is, based on God’s definition of sin.

Piet ·

Mens moet liewers die hele bybel lees of niks. Dan sal jy die gedeeltes lees wat handel oor tatoos, sowel as n paar gedeeltes oor wanneer jy MOET oordeel oor reg en verkeerd. Mens pas natuurlik eerder die oordeel toe in jou eie lewe, so als gese dink ek nie ek is beter as jy nie. Ek dink net mens maak n deur oop vir verwarring wanneer jy selektief aanhaal.

Francois ·

Piet het dit mooi saamegevat, as jy die Bybel selektief lees is jy besig om jou eie beeld van God te skep. Dit word dan afgodsaanbidding. Lees gerus Matheus 5 in sy geheel. Ek sal nooit ‘n tattoo oorweeg nie, ek persoonlik glo dit is die skending van God se werk, dra jy maar gerus, onthou net die lewe gaan oor keuses en nagevolge.

Trots Afrkaans ·

Die konsep van “Jy mag nie oordeel nie” kom uit die Bybel. So ook die dat n y nie mag y nie mag tatoes hê nie. Dit bly jou vrye keuse om God se Woord te verontagsaam, maar dan het ander ook op grond daarvan die reg omI te oordeel ….

Piet ·

Hennie na ek nou al die kommentaar gelees het lyk dit of jy ‘n punt beet het, want almal stry met jou, maar beaam ook wat jy se. Blykbaar kry mense die ding omdat dit een of ander emosie of verlies by hulle beklemtoon. Hulle kan dit nie slegs met hul persoonlikheid of deur sterk te staan in die geloof behaal nie. Noudie dag sien ek n vrou wat vol disney karakters getatoo is. Shame, ek wonder hoe voel dit om vasgevang te wees in n mode uit 1985. Die ander 17 jarige meisie het my haar stukkie “philosophy” gewys. Ek wonder of sy steeds gaan dink dis so diep oor 4 jaar. Ek praat liewers nie oor die plantegroei wortel geskiet het nie. Nee wat ‘n mens wat homself bekrap is ‘n vandalis.

Petro ·

Gister sien ek iemand wat ek gereeld sien, en altyd onbeskof is. Gister merk ek n groot tattoeermerk op sy rug op, dit lees “BORN RUDE” . LEEF HY NOU MAAR NET UIT wat op sy rug geskryf is, of wat?

DS ·

Ag ASSEBLIEF!!!!. Seker jy gaan nie eendag voor God staan en Hy gaan sê lig jou hemp of jou mou dat Ek kan sien of jy ‘n tattoe het nie. Loop met of sonder ‘n tattoe die regte pad soos deur God voorgeskryf en jy sal die Ewige Lewe be-erwe.

Ja nee ·

In die ou dae het net tronkvoëls tatoëermerke op hulle arms gehad. Hoor maar bietjie by die oupas, ooms en oumas. Vandag, veral in die VSA, verstaan ek, is jy die uitsondering as jy dit nié het nie. Ja, dis ‘n persoonlike keuse: of jy God se Woord wil gehoorsaam en Hom wil verheerlik in jou liggaam of nie. Die Woord sê dat ons liggame tempels van die Heilige Gees is. God het ons volmaakmooi geskape. Nou kom maak ons soos kinders wat mure met vetkryt bekrap, en dink ons kan Sy op Sy skepping verbeter!

ChristienH ·

Dis tydelik mense! Ontspan. So lekker om die guts te he terwyl die ‘ander’ mense wat Jou judge oor die henna tekening self ook so iets wou doen. Ek daag die mans uit en vra Jou vrou of sy so iets sou laat teken. Heimlik sou sy wou maar onder die ysterhand MAG sy nie. Henna verdwyn vinnig.

'n Ma en 'n vrou ·

Nee dankie. Nie die voorbeeld wat ek vir my kinders wil stel nie. Al sal my man sê ek mag sal ek nie wil nie. Daar is ‘n paar wat mooi lyk op ‘n paar mense as jy jonk is. Wat doen jy as die velle begin verrimpel? Gaan common lyk man.

AnT ·

Juis mense met tattoos wat hul identiteit gevind het. En ek verwys na mense ouer as 18.

Ek ken mense met verskeie grade agter hul naam met tattoo/s, maar hul rook & drink nie. Watter 1 is erger; tattoos of kankerlonge?
Net 1 vraag, is oorbelle en naeltjieringe nie dan ook skending van jou liggaam nie..?

Sommige tattoos is kunswerke. En niks fout met iemand wat dit het nie.
‘n Tattoo betaal nie of jy as mens goed of sleg is nie, jy jouself maak daardie keuse.
Immers is ons Pastoor se arms vol tattoos van sy jongmenslewe voor bekering.
Niemand dwing jou om daarvan te hou of nie te hou nie. Los mense uit wat dit het, het niks met jou uit te waai nie.

Tinktinkie ·

Is dit volgens die christene dan sonde om n Bybelvers met spesiale betekenis op jou te laat tatoe??

Gertjie ·

Levitikus 19:28 Kyk gesrus na veskullende Bybel-vertalings.

piet ·

Die spreekwoord gekke en dwase skryf hul name op deure en glase – stem saam Hennie

Niklaas ·

Dis elkeen se eie reg om daardie besluit te neem. Ek sal dit nie self doen nie , maar dis mos n keuse wat uitgeoefen word deur elk. Ek weet van familielid wat baie spyt nou het oor haar groot tatoëer merk. Dis egter nou permanent en te laat vir spyt wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.